Woord: gebelg

Argieffoto (Foto: composita, Pixabay)

Woord:
gebelg

Betekenis:
Verontwaardig, kwaad

Waar kom dit vandaan?
Uit Ndl. gebelgd. Die Ndl. b.nw. gebelgd oorspr. die verlede dw. van die ww. belgen (al Mnl.) ‘kwaad maak’. Dit kom van ʼn Germ. basis met die bet. ‘swel’, met gebelg wat dus lett. ‘opgeswel, opgeblaas (van woede)’ beteken. Met belgen hou ook verband die tweede lid van Ndl. blaasbalg, lett. ‘sak wat opgeblaas word’.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.