Woord: marskramer

Argieffoto (Foto: Timothy Eberly/Unsplash)

Woord:
marskramer

Betekenis:
Dié verouderde woord verwys gewoon na ʼn smous of bondeldraer. Dit is dus iemand wat van huis tot huis of plek tot plek gaan om sy ware, vroeër in ʼn mars (rugmandjie) vervoer, te verkoop, dikwels deur dit op luidrugtige wyse te adverteer; ook soms, iemand wat ware op ʼn vaste plek, dikwels op ʼn mark en (of) vanuit ʼn kraampie, verkoop: Marskramer wat … van boereplaas tot boereplaas te voet of met ʼn pakesel of met ʼn donkiekarretjie sy kramery te koop rondpiekel (A. Coetzee in TL, Okt. 1959, 2). • Baie klagtes van winkeliers kom … in dat marskramers ʼn vaste staanplek inneem net voor hul winkels, met die gevolg dat ʼn deel van hul besigheid verlore gaan (Burg., 22 Apr. 1929, 9). • Hy … luister na die verhale van … die marskramers, wat vertel van die dinge wat gebeur het op die groot jaarmarkte (B. Gemser, vert.: Nieu-Hebr. Kortverh., 1933, 128).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.