Die paartjie is al vyf jaar lank saam.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Junie 2023
Blade moet Unisa ‘onder administrasie plaas’
“Unisa is die grootste instansie van hoër onderwys in Suid-Afrika en sy ondergang sal ʼn verwoestende impak hê op die bedryf.”
Tuimeltrein ontspoor in Swede
“Ek kan my nie eers indink hoe dit moet voel as die mooiste dag in ʼn nagmerrie ontaard nie.”
Rus met leeubene by OR Tambo betrap
“Tydens die voorlopige ondersoek is daar bevind dit is die karkasse van vyf leeus.”
Dalk nog aanklagte teen raadslid wat glo seuns verkrag
Verdere aanklagte kan moontlik bygevoeg word.
Man duisende rand se biltong kwyt na doeane dit gryp
Die man se tasse is deursoek en meer as 37 kg se biltong is daarin gevind.
ToekomsVenster: Jy is op jou naam geroep
Jesaja verkondig aan jou die God vir wie niks onmoontlik is nie. Hoor as Hy sê: “Moenie bang wees nie, jy is myne”.
Man agter Russiese rebellie: Wie is Yevgeny Prigozhin?
Voordat hy die afgelope naweek gedreig het om Moskou se militêre leierskap tot ʼn val te bring, was Yevgeny Prigozhin bekend as “Poetin se sjef”.
Sepiegids: Birdy gee iets vir Liam in ‘Binnelanders’; skoknuus vir Sanet in ‘Diepe waters’
Anja se pyn laat haar in “Diepe waters” uitreik na Sanet, en in “Suidooster” kry Siya ʼn onderhoud met ʼn plaaslike radiostasie, maar hy kry ook ʼn onaangename verrassing.
Entrepreneurskompetisie bied hupstoot vir Afrikaanse sakelui
“Daar is groot pryse op die spel, maar wat hierdie kompetisie uniek maak is die platform wat dit vir die wenner bied.”
SA gʼn bedelaar, kort net geld vir klimaatsverandering
“Die feit bly staan dat die industrialisasie en ekonomiese ontwikkeling van die globale noord bereik is ten koste van die globale suid. Ryker lande het dus ʼn verpligting en ʼn belang om ontwikkeling en klimaatoptrede in armer lande te ondersteun,” meen pres. Cyril Ramaphosa.
Eerste museumteater in SA open deure by Voortrekkermonument
“Uiteindelik is die teater ook ingestel op toekomsbou, hoop en die verskil wat elkeen in hierdie land kan maak.”
Ontmoet Scooter, 2023 se lelikste hond
Scooter het ʼn bedrag van byna R28 000 en ʼn trofee ingepalm.
Korrupte beamptes ‘bisarre nuwe normaal’ vir motoriste
“[Die slagoffer] het voor die polisiebeamptes gestaan toe die korrupte Tshwane-metropolisiebeampte hom van haar persoonlike selfoon skakel en vir haar geld vra. Tog het hulle nie ’n saak aanhangig gemaak nie.”
Oplossing vir kragkrisis vorder (stadig), maar darem
Hoewel daar die afgelope tyd baie vordering gemaak is om die kragkrisis te pak, gaan dit niks beteken nie as daar nie meer netwerkkapasiteit is nie. Dié bykomende kapasiteit kom egter teen ʼn prys van R210 miljard.
Staatsamptenare diep bekommerd oor voorgestelde NGV
Indien die nasionale gesondheidsversekering nie gehalte- mediese sorg kan lewer nie, is dit gedoem om te misluk, sê die Vereniging van Staatsamptenare.
Kyk: SA komponis se musiek weerklink in Kiëf
“Wat vir my so opvallend van die koor is, is hul unieke koorklank.”
Verspotte vraag, want ANC gaan ‘verkiesing ongetwyfeld wen’ – Ramaphosa
“Mense vra my dikwels: ‘Gaan julle die volgende verkiesing wen?’ Ek sê dit is ʼn baie simpel vraag.”
‘Liefdesbaba’ vir ‘BSV’ se Francois, Vanessa
“Francois het bly sê dit is ons liefdesbaba, en hy het gehoop vir ʼn seun.”
10 aanhalings vir die EFF se 10 jaar
ʼn Mens sou wonder wat vyandigheid teenoor iemand suiwer gebaseer op hul ras is as dit nie rassisme is nie, want as dit lyk soos rassisme, klink soos rassisme, en voel soos rassisme, dan is dit seker rassisme?