Blade moet Unisa ‘onder administrasie plaas’

(Foto: Jacques Naude/ANA)

Die Demokratiese Alliansie meen Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, moet Unisa onder administrasie plaas ná die onafhanklike assessor (IA) se verslag wat deur prof. Themba Mosia saamgestel is.

Maroela Media het vroeër berig Mosia het in Mei sy verslag oor die omvangryke probleme by Unisa bekend gemaak. Daarin word verskeie bewerings van wangedrag, ʼn toksiese kultuur by Unisa en korrupsie blootgelê. Die verslag onthul onder meer dat duisende rand bestee is aan opknappings aan die visekanselier se ampswoning. Buitensporige bedrae geld is byvoorbeeld aan gordyne spandeer (R285 000) en R8 000 is betaal om iemand te leer om ʼn stofsuier te gebruik. Mosia het ook bevind dat daar ernstig fout is met Unisa se bedryfsprosesse en die hantering van studente en personeel.

Chantel King, die DA se skaduminister vir hoër onderwys, sê bestuursuitdagings by Unisa is kommerwekkend en die impak op leer en onderrig is al op verskeie geleenthede uitgewys.

“Die IA-verslag het die vlak van intimidasie, gebrek aan emosionele intelligensie, onvoldoende rekenaarstelsels vir die grootte van die instansie, versuim om kurrikula te ontwikkel, uitdagings aan menslike hulpbronne en ʼn gebrek aan behoorlike finansiële bestuur onthul.”

Mosia het aanbeveel dat ʼn administrateur aangestel moet word om Unisa in die regte rigting te stuur.

“Die DA stem met die aanbeveling van die onafhanklike assessor saam. Instansies van hoër onderwys moet nie bestuur word deur ʼn kultuur van vrees en intimidasie nie waar daar geen agting is vir die langdurigheid van die instansie nie. Unisa is die grootste instansie van hoër onderwys in Suid-Afrika en sy ondergang sal ʼn verwoestende impak hê op die bedryf. Minister Nzimande kan nie bekostig om langer te wag om die aanbevelings in te stel soos wat prof. Mosia uiteengesit het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

annie ·

Blade geniet die oomblik gebou op sy hiper-intelligensie-sindroom-droom… Mens sou graag sy verhandeling onder oë kry. Niks sal van die verrotte ou universiteit oorbly as hy dit hernu nie. Timbuktoe sal in ‘n beter toestand daar uitsien. Wat het die ANC al opgebou?

Yvonne ·

Nog iets wat by kom op die ellelang lys van ANC se mislukkings…behoede ons????

Ronel ·

Nou het ek alles gehoor – wat in hierdie land is nog staande?? Alles is verwoes!!!

Marthinus Johannes ·

Nog n kader wat hul hande diep in die koffers steek en skep.

christo ·

Daar is ‘n uitdrukking: ‘ Everything we touch turns into gold ‘, wel else ding waarvan die ANC kaders in beheer is, verander in ‘ n groot korrupte gemors.

Antares ·

Prof.. Mosia se verslag gaan op dowe ore val. Dis hartseer dat ‘n instansie waarop ek trots was en waar ek die grootste gedeelte van my loopbaan gewerk het, ook ten gronde gaan onder die anc. Mense moet asb. tog net gaan stem, dis nou belangriker as ooit om anc onder 50% te kry. SA se toekoms lê in alliansies.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die stembus bring wel veranderinge in die Weste. In Afrika is stembriewe ‘n mors van papier.

Goldy ·

Hoe kon ons verwag mense wat nognie skrif ontdek het skielik dit wat 25 jaar terug die wereld se tiende grootste universiteit was moes bedryf?

Pietertjie ·

Blade behoort sélf onder administrasie geplaas te word. Saam met die res van die ANC.

ES ·

Verstommend… en gaan kyk bietjie hoe lyk die Unisa Benoni kampus. Dit laat binnelandse sake soos ‘n paleis lyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.