Dalk nog aanklagte teen raadslid wat glo seuns verkrag

(Foto verskaf)

Die saak teen ʼn 43-jarige man, ʼn ANC-wyksraadslid van die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes, is in die Orkney-landdroshof tot 7 Julie uitgestel vir verdere ondersoek en ʼn aansoek om borgtog.

Sy prokureur het namens hom verskyn omdat die man vir onbekende redes nie in die hof kon verskyn nie.

Die staat is van voornemens om sy borgtog teen te staan.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die staat wag nog vir die afhandeling van die ondersoek en verdere aanklagte kan moontlik bygevoeg word.

Die man staan voorlopig tereg op 11 aanklagte waarvan twee vir statutêre verkragting, drie vir die oortreding van ʼn kind met toestemming, een vir die vervaardiging van pornografiese materiaal, vier vir verkragting en een vir seksuele intimidasie.

Sy saak spruit uit ʼn ondersoek deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming in Klerksdorp wat ʼn saak van crimen injuria en twee aanklagte van statutêre verkragting ondersoek het. Die sake is by die Kanana-polisiestasie aangemeld.

Hy bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.

Maroela Media het vroeër berig die man is aangekeer nadat video’s van die beweerde dade op sosiale media gedeel is. ʼn Saak van crimen injuria is vroeër die maand aanhangig gemaak nadat die verdagte glo ʼn foto van sy geslagsdeel met een van die vermeende slagoffers gedeel het.

In ʼn tweede afsonderlike saak – teen dieselfde verdagte – is twee aanklagte van statutêre verkragting deur die ouers van twee tienerseuns (15 en 17 jaar oud) aanhangig gemaak. Dít nadat ʼn eksplisiete video van die man en een van die seuns op sosialemediaplatforms, onder meer op WhatsApp, aangestuur is.

Die NVG het mense gevra om nie seksuele inhoud van enige aard op enige platform te deel nie, aangesien dit die slagoffers en hul gesinne, asook die ondersoeke kan benadeel.

  • Die man se naam word weerhou om die slagoffers te beskerm weens die aard van die aanklagte teen hom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kokerboom ·

Sa gaan lank neem om te herstel van die ANC pandemie wat land 30 jaar gelede getref het!!!

Delia ·

Hierdie tipe kriminele is met ons oral.oor die wêreld en sedert begin van die wêreld. Kyk vir Jimmy Saville, Gert van Rooyen, Rolf Harris en Gislaine se maatjie ens ens.

M ·

A……. N…….. C Varklik man …. soos ‘n varkdier op ‘n plaas …Vieslik

Delia ·

Ek het vir jou n verrassing as jy dink dis net sekere mense wat die tipe goed doen. Moenie vsn die dominees, onderwysers oupas en ja, selfs vroue, vergeet nie. Hierdie het absoluut eintlik niks met ANC te doen nie. Behalwe ja, hy moet nie so openbare pos beklee nie en dit geld vir AL die ander wst hierdie dade doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.