Verspotte vraag, want ANC gaan ‘verkiesing ongetwyfeld wen’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: ANC/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het geen twyfel daaraan dat die ANC vir nóg ʼn termyn aan bewind gaan wees nie. Die president sê hy bemoei hom ook nie met gedagtes oor ʼn koalisieregering nie.

Ramaphosa het Sondagaand by die Wes-Kaapse ANC se provinsiale konferensie gesê dit sal laf wees van iemand om te dink dat die ANC nie oor tien maande die algemene verkiesing gaan wen nie.

“Op die ou end kan net die African National Congress daardie doelwit behaal. Niemand anders is gewapen met beleid nie. Niemand anders is gewapen met die vermoë om dit te kan doen nie en ons kan dit ook hier in die Wes-Kaap doen; nes ons dit in die res van die land gaan doen.

“Mense vra my dikwels: ‘Gaan julle die volgende verkiesing wen?’ Ek sê dit is ʼn baie verspotte vraag; ons gaan die volgende verkiesing ongetwyfdeld wen.

“Ons benadering tot bestuur moet strook met wat in die beste belang van ons mense is. Dit beteken ons benadering tot koalisies moet deur die riglyne van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) bepaal word.

“In my eie kop dink ek nie aan koalisies nie. Want dit gaan ʼn oortuigende oorwinning wees. ʼn Duidelike oorwinning. Maar ons het riglyne nodig om dit te doen.”

Ramaphosa het volgehou dat die ANC ʼn klinkklare meerderheid kan behaal. “Ons is nie ʼn verlore saak nie. Ons kan ʼn duidelike meerderheid bereik … Ons kan mense se lewens verbeter.”

Die president het ook benadruk dat hernuwing op pad is.

“Die ANC word vernuwe en verenig. Ons word by die dag, die week, die maand en die uur verenig.”

Ramaphosa het tydens sy toespraak verskeie kere daarop gewys dat die ANC in die Wes-Kaap ʼn goeie voorbeeld vir die res van die provinsies stel.

“Ons moet demonstreer dat ons as mense verenig kan wees en die leierskap wat julle gekies het, is ʼn duidelike voorbeeld daarvan … Julle het die wysheid gehad om leierskap uit die vyf streke te betrek.”

Vuyiso “JJ” Tyhalisisu, voormalige streeksekretaris van Dullah Omar, is tydens die konferensie verkies as die nuwe Wes-Kaapse voorsitter van die ANC. Sharon Davids is die nuwe ondervoorsitter terwyl Neville Delport as die provinsiale sekretaris verkies is.

Ayanda Bans sal as die adjunksekretaris van die ANC in die Wes-Kaap dien. Derek Appels is onbestrede as tesourier verkies.

Ramaphosa sê dié topvyf doen weg met die persepsie dat die party nie omgee vir bruin gemeenskappe nie.

“Die persepsie is dat die ANC nie die behoeftes en belange van bruin mense erken nie. Die struktuur van julle topvyf bewys daardie opvatting verkeerd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Stofdonkie ·

Ek voel almal het dan 10 maande om hulle werkers en almal met wie hulle in aanraking kom daarop te wys dat dit onder die anc se beheer is wat ons lei onder beurtkrag, geen dienslewering en werkloosheid. Die beurtkrag is een van die oorsake van die werkloosheid, so gaan stem weer vir die anc, dan verloor net nog meer van julle julle werke.

Manie ·

Jy is 100% korrek, maar wanneer iemand jou kosblik vashou in ruil vir iets, het jy geen keuse nie en dis waarop hy staatmaak.

Misky ·

Dit is asof hy iets weet wat ons nie weet nie. Wens die teendeel gebeur en daai smile kan van sy bakkies verdwyn!!!!!

Danie ·

Dit gebeur wanneer, nog voor ‘n verkiesing begin het, almal al reeds verklaar dat dit vry en regverdig is.

Chris ·

My oorlé ma het altyd gesê, jy moet nie jou eie stert prys nie en hoogmoed kom altyd tot ‘n val. Ek glo benoude kat maak benoude spronge. Die man kan nie vir altyd in ontkenning leef nie. Pasop hoe jy leef, doen en wat jy sê dit kan jou suur bekom.

JvR ·

Jou oorlede ouma in n meer regverdige tyd geleef. Toe daar oorsaak en gevolg was.

JvR ·

Hy weet. Want hy en Mandela het nog destyds by gewees toe 2024 se stemme getel was

Rooi rissie ·

Ek stem saam jou. Mense moet besef solank as wat ons n kruisie met n pen trek sal dit nooit n regverdige verkiesing wees nie want die bokse met die ANC stemme staan alreeds en wag in n pakhuis om omgeruil te word die dag met die verkiesing. Merk maar my woorde. Dis hoekom Cyril so selfversekerd is oor die verkiesing elke keer…..

Magda ·

Hahaha, lk lag ek no Vir Di grapkas. ALL NATIONAL CRIMINALS, net Di net geen breinselle stem Vir so n party, geen wonder julle kon mog niks in di 30jaar wat julle in beheer WAS reggekry NI. Hahaha klomp gemors.

M ·

Lag ek darem nou úít my maag …. hy weet nie eers wát in die land aangaan nie …en nóg baie,baie minder hoe miljoene mense van alle kleure met argwaan reageer op die anc regime se bespotlike gemors !!!

Koen ·

Hy weet van die bokse voltooide stembriewe wat gereed lê en wag. Dis genoeg.

Manie ·

Sekerlik ja wanneer jy met 20 miljoen mense se kosblikke op jou skoot sit.

CRDP ·

Ongelukkig is Cyril reg want die verkiesing is korrup, net soos al die ANC lede. In ‘n land soos die met al die korrupsie dink ek nie vir een oomblik dat die verkiesing regverdig is nie, defnitief korrupsie betrokke so ANC sal weer wen

Kosie ·

Party sonder enige skaamte ek sal my kop in skaamte gesak het maar in julle woordeskat bestaan daar nie so iets nie, al waaroor dit vir jou gaan is hoevel geld kan ek vir my vat, niks bekommerd om enige mens se lewens te verbeter nie. Kyk net om jou julle is soos n verwoestende orkaan die hele SA is vernietig, as julle weer inkom is die land erger af as Zim.

Elma ·

Ek verstaan nie mooi nie. Julle leierskap is n duidelike voorbeeld van WAT? Maar ja, julle het die getalle. Vir een of ander obskure rede.

Hannes ·

Ons moét hierdie arrogante ANC stop, hulle laaste hoop is voor-verkiessing propaganda, ons gaan nog naar word daarvan tot 2024. Die 20% swart-en-wit belastingbetalers kan nie meer die kaders se sakke vol geld maak terwyl Suid Afrika wegkwein nie. Alles wat hulle ontvang het, is in vlarde. Die ANC se mandaad bly “I did not join the struggle to be poor.”

Suzette ·

Gewapen met “beleid” en “vermoë” – dink nie jy weet wat dit eintlik beteken nie rama – Al beleid wat julle het is verwoes en ja dit is binne julle vermoë…..

Eclectus ·

Die Amerikaanse weermag vereis ‘n minimum IK van 85. Forrest Gump se karakter was gebaseer op ‘n IK van 75. Die ou SAW het 115 vereis vir verkenningsoldate. Daarenteen het Suid-Afrika, volgens internasionale statistiek, ‘n gemiddelde IK van 69… en dit wys. Dit sorteer onder matige verstandelike gestremdheid. Jy kan jou IK effens verhoog met die regte opvoeding, maar nie met meer as wat jou gene gaan toelaat nie, en jy kan niks aan jou gene doen nie. So kortom, die ANC gaan weer wen want die “odds” is aan hulle kant. Dixi.

Nettie ·

LOL, iemand het jou kommentaar negatief gemerk. Feite is deesdae soos die geslagte. Dit mag nie hardop gese word nie, want netnou maak dit iemand se gevoelentjies seer.

Petra ·

Ja, hoogmoed en verwaandheid kom tot ‘n val Ramaphosa ….. dink jy die Here slaap op die JOB soos julle ANC vet luise in die Parlement ….. droom voort!!!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

En daaarin le ons antwoord. Die onsinkbare (ANC) kan nie sink nie, maar voor hulle le ‘n hele paar ysberge. Bring maar die popcornnader en maak jullleself gemaklik, kom ons kyk hoe navigeer hierdie sinkende skip deur al die ysberge.

Nettie ·

Ek stem, Tikkel Tokkel! Ek kry lekker tot in my kleintoontjie om te sien hoe spartel hulle alreeds!

Johan Tredoux ·

Ongelukkig met diegene wat gewoonlik vir hulle stem, is hierdie een wel.

Harley Davidson ·

Ek dink hy is heeltemal reg as hy so sê die anc weet dat wanneer die massas by die stemboks kom stem hulle vir ras.

Di ·

EN GRANTS! Daar word vir hulle vertel dat die grants gaan wegval as die ANC nie meer in bewind is nie

Roebs ·

Nog ‘n t-shirt en bietjie kos, no more loadshedding en jy het ‘n wen resep. Dinge moet verander anders gaan ons land dit nie maak nie.

Boer ·

Ek het nou die dag na ‘n praatjie van Dr Groenewald geluister wat hy op die oomblik gesê het die ANC is nie meer so goed nie en dat dit ons plig is om almal wat negatief is te om te stem om daardie mense te oorreed om te gaan stem want dit gaan om die enigste kans te wees wat ons die ANC te kan laat val. So die tyd is hier om die land reg te ruk.

Koen ·

Jy is baie naïf as jy dink dit gaan ‘n eerlike verkiesing wees. Baie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die opposisie politici wil ook meer kaders parlement toe stuur. Werk is skaars.

Kobus ·

Sy selfvertroue oorskry sy IK, maar hy is reg, Die ANC sal wen. Hulle begin reeds met ‘n voorsprong van 16 miljoen kiesers- lees -die wat toelaes ontvang. Hulle verkondig dat indien ‘n ander party aan bewind sou kom sal die toelae verval.

Koen ·

Daar i sgeen manier waarop die ANC mag gaan opgee nie. of deur die stembus of deur korrupsie en stem knoeiery.

Nettie ·

Ja, daar is een manier, Koen. En dis geprofeteer. Hulle gaan hulself vernietig! En dis voor ons oë aan die gebeur. Hulle het gedink niemand kan hulle oorwin nie, maar God in die Hemel, sit en lag vir hulle.

JN ·

Ja want hul sal dit nie toelaat nie..Hul die Anc is korrup tot op die been!!!

annie ·

Die ANC wil ‘n godsdienstige oorloggie in die Wes-Kaap begin in die hoop op beter dae vir die plaaslike Palestyne…

George ·

Natuurlik gaan die ANC wen. Die ANC werk hard om die meerderheid in armoede en ongeskooldheid te hou, kom verkiesing jaar, gee paar kos pakkies uit, los “loadshedding” op en blameer die blanke vir al die probleme, en hulle trek weer daai X vir die ANC.

JuanRe ·

My vraag is eerder wie neem oor? Want daar is letterlik geen goeie partye nie. Die wat ooit oorneem by die ANC gaan al hulle dae hê met die ANC wat letterlik die land sal omkeer en in chaos dompel.

jacques ·

Ek hoop ook hulle wen, ek vrees om te dink wie gaan oorvat as hulle nie wen nie…Mal-ema…

Frikkels ·

Al manier waarop die anc die volgende verkiesing sal wen, is om die hele proses te korrupteer. Ons mag nie te gerus wees hieroor nie want hulle is meesters van korrupsie!

Marina ·

Hulle sal t-hempies in die miljoene moet begin druk! En n pakkie mieliemeel hierdie keer ingooi! “Our people” het maar n kort gehue…

Alex ·

Hy weet iets wat ons nie weet nie. Nog n bietjie kul hier en kul daar en siedaar…. nog iewers dooie mense wat gestem het. Ook wil hy wat met die Wes Kaap? Net so in skuld dompel soos die res van die land…. verstaan ek mooi. Jou moet deesdae jou kop laat lees as jy ANC wil stem en hulle “beleide” volg soos hy afmaak hulle enigste is van…. lekker kader korrupsie en staats koffers uiteet

Nettie ·

Die ANC in die Wes-Kaap stel blykbaar ‘n goeie voorbeeld.

Gedoriewaar!! Nooit gedink iemand in hulle geledere weet eers wat dit beteken nie, nog minder hoe om dit te bereik. Sowaar, kyk nou net, blykbaar ‘n goeie voorbeeld! Tyd om fees te vier!

Herman L ·

Die verkiesing sal tot ‘n groot mate bepaal watter persentasie stemgeregtigdes midaad ondersteun!

Papsak ·

Nee nee asb nie weer anc vir regering nie Ramaphosa jy moennie te veel van jou self dink nie hou op rond loop en vlieg om stemme vir jou korrupte regering vir stemmery in te win asb julle nou genoeg op gevoeter in die land nee nie weer anc vir regering nieasb stem reg

christo ·

Verwag korrupsie by die stembus in 2024. Die ANC sal graag van SA ‘n een party staat wil maak.

Di ·

Hulle sal SEKER MAAK hulle wen die verkiesing, “come hell or high water”. Al moet dit gebeur deur korrupsie te pleeg, dit sal gebeur. Massas sal weer ANC stem want hulle word onder die indruk gebring dat die “grants” gaan wegval as die ANC nie meer aan bewind is nie. Die skelm regering het seker gemaak hulle hou die meerderheid in hulle mag dmv GRANTS

Johannes ·

In belang van wat hulle mense wil he. Riool tussen huise en in drinkwater, hoe meer mense werkloos is hoe meer stemme gaan hulle kry want hulle gee dan vir hulle n toelaag. Wat meer wil hulle he.

Tsek! ·

Nee maar goed dan -25 miljoen ondersteuners met 65 miljoen stemme. Geen wonder hulle gaan wen nie…Ek soek hierdie jaar my T-shirt en kos pakkie! BTW ek hoor die dooies gaan weer stem die jaar.

Hendrik ·

Natuurlik sal julle “cANCer” sorg dat julle die verskiesing wen. Korupte maatreels en reelings alreeds inplek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.