Woord:
platjie
Betekenis:
Vrolike, humoristiese persoon wat sy/haar vriende graag poetse bak: Wag maar, ons sal daardie platjie nog in eie munt terugbetaal.
Waar kom dit vandaan?
Uit verouderde Nederlands platje (1718) “rakker, in gunstige en ongunstige betekenis”. Nederlandse platje hou verband met die byvoeglike naamwoord plat in die sin van “vlak”, waaruit “week, sag, slap”, gesê van o.a. wyn en bier, en van mense in die betekenis “slim, skelm”, miskien te vergelyk met glad, ook in laasgenoemde betekenis. Eerste optekening in Afr. by Pannevis (1880).
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red