Woord: poegaai

Argieffoto (Foto: Miroslavik/Pixabay)

Woord:
poegaai

Betekenis:
baie moeg, dronk

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) kom die woord “poegaai” van die gewestelike Nederlandse woord poechai (1698). Dit is ʼn selfstandige naamwoord wat “onnodige of oordrewe drukte” beteken.

Uit die betekenis van “drukte” het ʼn byvoeglike naamwoord ontwikkel en dit kan gebruik word om te sê iemand is baie moeg of dronk. Die verwysing na “dronk” is volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) egter weinig gebruiklik.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.