Woord: sierskaats

Argieffoto (Foto: Pavel Danilyuk/Pexels)

Woord:
sierskaats

Betekenis:
Sportsoort waarin individue, pare of groepe sekere bewegings, wat spronge en draaie in die lug en ingewikkelde voetwerk, tol- en ander veeleisende bewegings op die ys insluit, volgens bepaalde tegnieke en style op ʼn sierlike manier op ʼn ysskaatsbaan uitvoer; sin. kunsskaats (ongewoon): Sierskaats beoefen. ≈ Baie mense glo geen sport het die grasie en estetiese skoonheid wat sierskaats en ysdans het nie (Burg., 8 Mrt. 1975, bylae, 9) • Snelskaats … vind in die buitelug plaas, terwyl sierskaats en ysdanse in binnenshuise arenas gehou word (Ens. v.d. Wêreld 10, 1977, 668) • Moenie die tradisionele klassieke ballet verwag nie, want hier versmelt ballet en sierskaats. Die ys verleen ʼn andersoortige energie en dramatiese element aan die produksie en die verhaal is aangepas sodat die skaatsers hul akrobatiese vernuf en vaart op ys kan ten toon stel (Beeld, 26 Mrt. 2008, Plus, E).

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.