Woord: snerpend

Argieffoto (Foto: Matthew Henry/Unsplash)

Woord:
snerpend

Betekenis:
1
 Wat bytend of snydend koud is: Buite was dit by tye taamlik snerpend (Suidw., 25 Febr. 1984, 5). • Die trek… het voortgekruie deur die… lang, snerpende nagte (F.A. Venter: Kambro-kind, 1979, 98).
2 Wat hard, skril of skel is: ʼn Snerpende fluitgeluid, geroep, geskreeu, gil, skoot.Die musiek… (is) lawaaierig, maar die Chinees kan hom die toneelstuk nie indink sonder… die snerpende viole nie (Afr. Kinderens. VIII3, 1971, 130). • Marie het… haar humeur verloor… Elke keer was haar stem ʼn bietjie snerpender (A.P. Brink: Olé, 1965, 121).
3 a Wat bitsig of skerp is: Dit was nie… nodig om… met snerpende woordgebruik die beweerde onreg aan die kaak te stel nie (Onderwysbl., Okt. 1972, 6). • Mediareaksie (op die vervolging van B.) was deurgaans skerp… Oor O. se optrede was die kritiek snerpender (Burg., 22 Mrt. 1997, E).
b Wat skreiend of pynlik is: Ons dink … aan geloofsgenote … wat die doodstyding aangaande kinders … ontvang het … Ons simpatie met hulle in hul snerpende leed (J.D. du Toit: Werke V, 1961, 346). • Jy sal kennis maak met snerpende akademiese jaloesie (Sarie, 19 Febr. 1964, 61).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.