Woord: tandem

Argieffoto (Foto: jill111, Pixabay)

Woord:
tandem

Betekenis:
soort fiets waarop twee persone agtermekaar sit en saam trap

Waar kom dit vandaan?
Genoem na ʼn Engelse edelman, lord Tandem, wat die stalmeester van ʼn Britse koningin was en dié soort fiets bedink het. Maar dié herkoms wat in sommige bronne voorkom, is gewoon perdevye.

Dit is ʼn Engelse woordspeling op Latyn tandem wat naastenby “lang tyd” beteken en wat speels toegepas is op “lang spasie” na aanleiding van die tyd wat dit in teenstelling met die gewone fiets neem om voor die oog verby te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.