Woord:
humor
Betekenis:
luimigheid
Waar kom dit vandaan?
Humor word gewoonlik beskryf as “ʼn glimlag met ʼn traan” en as voorbeeld die gevol van ʼn jong boer wie se skoonmoeder met sy nuwe trekker oor die afgrond ry.
Voordat die patoloë op die toneel gekom en uitgevind het dat daar bloed in jou are was, is gedink dat alle diere vier soorte humor, dit wil sê vloeistof, in hulle liggame het. Hulle was bloed, slym, geel gal en swart gal (ook melankolie genoem uit Grieks melas “swart” + chole “gal”). Die verhouding van dié lot tot mekaar het jou temperament (dit wil sê “mengsel”) bepaal. As jy te veel bloed het, was jy ʼn optimistiese of hartstogtelike (warmbloedige) mens; te veel slym en jy was flegmaties, dit wil sê stadig en kalm. Geel gal het jou opvlieënd gemaak en swart gal, nou ja, swartgallig.
Die argieffoto lyk soos klein Obama
Baie insigewend.