Woord van die week: magneet

Argieffoto (foto: motywacja24, Pixabay)

Woord:
magneet

Betekenis:
voorwerp wat yster aantrek

Waar kom dit vandaan?
Genoem na Magnesia, letterlik klip van Magnesia, ʼn streek in Thessalië in Klein-Asië, waar die eerste keer ontdek is dat die klip yster aantrek.

Later is die element magnesium ook na dieselfde streek vernoem.

Die ou, bekende sooibrandmedisyne, Melk van Magnesia, het niks direk met die streek te make nie. Dit is gehidreerde magnesiumkarbonaat en trek niks aan nie, dit stoot eintlik net af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.