Woord van die week: Swanesang

origami-938537_1920Woord van die week: Swanesang

Betekenis: Laaste keer dat iemand iets doen of in ‘n bepaalde hoedanigheid optree, of laaste werk, bv. ‘n gedig of komposisie, van ‘n kunstenaar voor sy dood.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands zwanezang. Daar bestaan ‘n eeue-oue bygeloof dat swane net voor hul dood besonder mooi sing. Volgens die Griekse volksgeloof kondig die swaan wat aan Apollo en Venus gewy is, sy naderende dood met ‘n lied aan. Plato en Aristoteles verwys al daarna, en Shakespeare noem dit ook. Duits Schwanengesang, Engels swan-song.

Hierdie brokkie is verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.