Woord: verhole

Argieffoto (Foto: Mathew Schwartz/Unsplash)

Woord:
verhole

Betekenis:
“Verhole” is ʼn verboë vorm van die verouderde woord, “verheel”. Dit beteken “verborge, geheim, onsigbaar”.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands verholen (al Middelnederlands), die voltooide deelwoord van verhelen “geheim hou, verberg, nie laat merk nie”, met laasgenoemde ʼn afleiding met ver- van helen “verberg, geheim hou”.

In die Afrikaanse uitdrukking “die heler is so goed as die steler” is heler afgelei van Nederlands helen en beteken dit “koper van gesteelde goed wat vir die polisie weggesteek of verberg word”.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.