Die 17 maandeoue Chloe Laney is Saterdagaand oorlede.
Chloe is op 7 Julie 2011 op 27 weke in Welkom in die Vrystaat vroeggebore. Haar longe het teen dié tyd nog nie ontwikkel nie en sy was vir ongeveer 10 dae aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel. “Baba Chloe” het vinnig mense se harte op sosiale netwerke aangegryp en daar is landswyd vir haar gebid. Angel Children Updates het Sondag bevestig sy is Saterdagaand omstreeks 22:00 oorlede.
“Sy het in die eerste jaar van haar lewe 312 dae in die hospitaal spandeer,” het haar ma, Corlia Laney, gesê.
JT, Chloe se vyfjarige boetie, het in die tyd wat Chloe in die hospitaal in Johannesburg was, by sy pa Henry Laney, in Welkom gebly.
Baie sterkte aan Chloe se familie…. My hartjie is seer saam julle, want dit moet on eindig seer wees om so baba-lyfie te verloor. (Drukkies)
Baie hartseer oor hul verlies, maar sy is nou rustig by ons Liewe Heer. Geen pyn en lyding meer. Rus sag liewe Engeltjie