Griekwastad-moorde: Seun is ‘bewus van gerugte’

Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname. Lees meer hier.

Don Steenkamp tydens die roudiens vir sy ouers en sussie. Foto: Maricelle Botha/OFM

Terwyl die polisie hul ondersoek na die Paasnaweek-moorde op Griekwastad voortsit, hou Don Steenkamp, die enigste oorlewende van die treurspel, hom besig met sy perdry.

OFM berig dat Don (15) se Gimkana-instrukteur, Hannelie Heckroodt, sê dit gaan goed met hom in ag genome die omstandighede. Don se ouers, Deon (44) en Christelle (43), en sy sussie Marthella (14), is op Goeie Vrydag op die plaas se gesin buite Griekwastad doodgeskiet. Don het glo op hul liggame afgekom. Hy bly tans by die Heckroodts. Hannelie sê Don het Maandag teruggekeer skool toe maar het gister weer teruggekom plaas toe. Sy sê hoewel sy en haar man Don probeer beskerm, lees hy steeds koerante en is hy bewus van die gerugte rondom die moord op sy gesin. Heckroodt sê mense fokus eerder op die sensasie as die omvang van die tragedie. Dit is nog nie duidelik of Don aan die komende Gimkana-kampioenskap sal deelneem en of hy sal teruggaan skool toe nie. Hannelie sê hulle vat dit nou dag vir dag.

Intussen sê ʼn polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Cherelle Ehlers, dat die nodige protokol deur die polisie gevolg is rakende die ondersoek na die moord op die Steenkamps. Sy sê geen bewysstukke het verlore geraak soos wat berig word in sekere media nie. Sy sê die polisie het Goeie Vrydgaand deur die nag gewerk.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Carrie ·

Dit kan wees dat Don altyd sy suster se perd wou gehad het. Hy kies dan nou nie sy eie perd nie. Dit lyk al meer na jaloesie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.