Lesersbrief: Frankryk tree op teen Moslem-kleredrag

Herman Toerien skryf uit die Paarl:

’n Foto wat op 17 Augustus 2023 geneem is, wys die Franse minister van onderwys, Gabriel Attal wat op die eerste skooldag ’n vergadering by die Bourbon-hoërskool in Saint-Denis-de-la-Reunion bywoon. (Foto: Richard BOUHET / AFP)

Die nuus dat die Franse owerhede 67 Moslem-skoolmeisies huis toe gestuur het nadat hulle geweier het om tradisionele Moslem-kledingstukke te verwyder, maak steeds opslae.

Frankryk was voorheen in die nuus weens sy teenkanting teen die dra van die versluierende burka, maar die hof het ʼn poging om die dra van die sogenaamde burkini as swemdrag te verbied ter syde gestel. Dié keer is die dra van die abaya vanaf 4 September verbied.

Die Franse regering meen die dra daarvan, en sekere ander kledingstukke, verbreek Franse wette wat sekularisme in skole bepaal.

ʼn Poging om die verbod deur ʼn interdik te stuit, is die keer egter deur die hof van die hand gewys.

Dis egter nie net in Frankryk waar die kwessie omstrede is nie. Ingevolge nuwe voorgestelde riglyne vir die kleredrag vir Suid-Afrikaanse verpleegsters sou die dra van kopdoeke saam met uniforms verbied wees. Dit word egter nou na teenkanting uit die Moslem-gemeenskap hersien.

Die dra van klere wat vroue se koppe en hul liggame verberg, is egter nie net uniek tot die Moslem-wêreld nie. Vir ongeveer driehonderd jaar was daar ook ʼn aksie van vroue in Lima, hoofstad van Peru. Dit het as die tapada limeña bekend gestaan, en beteken “die bedekte een van Lima”.

Dit het inderdaad niks met godsdiens te make gehad nie, maar was ʼn manier waarop vroue hul identiteit kon beskerm teen vroue-onderdrukkende praktyke en -attensies. Slegs een oog was sigbaar.

Die Rooms-Katolieke Kerk het by tye die dra van hierdie gewade verbied. Vroue van hoër stand kon tien dae lank agter tralies beland, en vroue van die laer klasse ʼn volle maand.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Harley Davidson ·

Niks hiermee verkeerd nie dit is immers Frankryk en die moslems is gaste in Frankryk.Ek voel dat as die moslems soos ninjas wil aantrek laat hulle dit by hulle wonings doen.

Hussin ·

Hulle is nie gaste nie. Hulle is burgers. Die Franse het gedink dit sal maklik wees om mense van buite te integreer. Hulle is mos sekulêr, dit is lekker, wie wil nou deur kultuur en geloof gebind word. Wel, meer mense as wat hulle gereken het. Nou moet hulle maar hulle lot aanvaar. Wil mos slim wees.

Christine ·

Hierdie is ‘n gevoelige puntjie. Waar trek jy die streep wat godsdiensvryheid betref? Persoonlik is ek baie sensitief daaroor, want ek het dit op die platteland beleef in die jare 70 toe my ma haar werk verloor het omdat ons die NGK verlaat het ( en dit haar onbevoeg gelaat het om kinders musieklesse te gee. ) Gaan jy verbied word om ‘n kruisie om jou nek te dra? Of die ster van Dawid? As ‘n kopdoek deel is van jou kultuur ( nie godsdiens nie) mag jy dit verbied soos ‘n supermark jare terug gedoen het? Ek sien daar niks mee verkeerd as jy ‘n kopdoek dra omdat jou geloof dit vereis nie. ( natuurlik, weens sekuriteitsprobleme, moet die dra van valhelms en ander bedekkings wat identifikasie onmoontlik maak, verbied word) ‘n Kopdoek verhinder nie identifikasie nie. Dit is net ‘n uiterlike teken van jou geloof of kultuur en boonop sindelik.

Hussin ·

Stem met jou saam, ek moet egter sê, sover ek weet word enige geloof se simbole verbied, insluitende die Christin kruis en die Ster van David.

De Villiers ·

Maw dit sal dan ook nie ‘n probleem vir jou wees as my geloof vereis dat ek elke dag met ‘n bok kop skool toe gaan?

Christine ·

Ek wil net byvoeg by my vroeër kommentaar dat ek NIE moslem is nie en my persoonlike opinie oor die geloof is buite rekening gelaat.

Anel ·

Hiermee stem ek 100% saam. As jy so wil aantrek gaan dan na jou moslemland. As ek daar is moet ek my toemaak, so ek sal nie daarheen gaan nie. As jy in Rome is maak jy soos die Romeine! Vertrou in elke geval nie iemand wat so toe is nie. Net skelms bedek hulle self so!

Hussin ·

Nie die geval nie. Jy kan na die meeste Moslem lande gaan en aantrek soos jy wil. Daar is uitsonderings, maar daar sal jy nie eers inkom nie. Mag Moslem vroue wat buite hulle land wil reis dit dan nie doen nie? Hoekom vroue so beperk. Menige Moslem vroue voel net veiliger met hulle bedekking op. Ander storie as hulle gedwing word maar buite ekstremistiese lande sal dit baie raar wees.

Republikein in die Wes Kaap ·

Oor ‘n paar jaar is die Franse president en die meeste ministers Moslems. ‘n Islam party het die meeste setels in die parlement, en die burgermeester van Parys is Moslem.

Hussin ·

Ek glo die Westerse wêreld kan doen met meer beskeie mans en vroue. Dit is werklik walglik soos mense deesdae lyk. Moet my nie verkeerd verstaan nie, almal moet maar doen wat hulle goed dink. Dit is egter opmerklik waar dit ons in die weste gebring het. Steeds, nie vir my om te sê nie. Daar is ‘n rede hoekom Islam so gewild raak. Mense het grense nodig, reëls. Die weste kan nie meer na hulle leiers kyk daarvoor nie, dus vind hulle ‘n alternatief. Christenskap is ongelukkig deesdae ‘n “free for all” so, mense sal rond kyk.

Hussin ·

Jy kan ‘n skool uniform dra en jou steeds bedek in die skool se kleure. So nee, niks uit gesorteer nie.

Hussin ·

Jy dink tog nie regtig dit sal so maklik wees nie. Jy maak ‘n reel en basta! Nee my vriend, nie in die weste nie. That ship has sailed.

Annamarie ·

Ons sien dit elke dag in ons land en niemand word daardeur aangeraak nie! Hoekom is dit so ‘n groot ding in Frankryk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.