ʼn Reis met ʼn bestemming

padkaart

Argieffoto.

Die opgewondenheid is groot. Dit is Kersfees en die familie maak gereed. Ons gaan see toe!

Dis branders kyk, geskenke ontvang, en vele lekker dinge. Die laaste dag word tweeliterbottels vol seewater, met sand en ʼn paar skulpies, bymekaar gemaak. Johannes en Mieta wag daarvoor, want dit maak mos gesond!

Ons is weer tuis, vertel aan almal van ons reis, wys foto’s aan vriende.

Dít is die verhaal van ʼn gewone burger van hierdie mooi land met al sy pragtige bestemmings. Dit is ongelukkig nie die volledige verhaal nie. Daar is ook die ander kant.

Omstreeks 1651 kom die Here Sewentien bymekaar. Hulle bestaan uit ʼn groep van 17 sakemanne, naamlik die Vereenigde Oost-Indische Compagnie, kortweg genoem die V.O.C. As vooruitstrewende handelsmaatskappy het die V.O.C. na uitbreiding van handelsbelange gesoek. Opgewonde het hulle onder meer Tafelbaai geteiken. ’n Doelbewuste ontdekkingsreis is begin en kommandeur Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 in Tafelbaai ʼn fort en kolonie aldaar gevestig.

Ons dominee het een Sondag verwys na die Drommedaris, Reijger en “die ander een”! Almal was toe weer wakker en het verder na die preek geluister!

Hierdie reis het ʼn bestemming gehad. Die Kaap is ontwikkel tot die verbouing van wêreldgehalte-wyne en noem maar op. Die binneland is verken, dorpe is gevestig en so het kerke en skole tot stand gekom. Daar is universiteite gebou – dink aan Stellenbosch, Tukkies, RAU. Moenie vergeet van Fort Hare, die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK), Wits en nog ander nie.

Die reis bevat ook hartoorplantings. Chris Barnard. Rugbyprestasies. Dink aan dr. Danie Craven, Mannetjies Roux, Bennie Osler en dan was daar nog Naas Botha ook.

Saam met die prestasies was daar ook swaarkry. Om enkeles te noem, Bloedrivier en baie later die Kerkstraatbom.

Die reis met sy bestemming bevat ook die staalreus Yskor, Volkskas, Sanlam en Krygkor om maar slegs ʼn paar te noem.

Dit was ʼn lang reis wat voorspoed ten doel gehad het. En ongetwyfeld was daar ongekende voorspoed. Dink aan die jare 1950 tot 1980 met sy bruisende groei vergeleke met die huidige stand van sake waar ons rand verhandel teen ongeveer R21 vir £1!

Toe kom 1994. Nuwe reise word aangepak – nie so opgewonde by almal nie. Frik de Klerk is kommandeur. Hy roep die groep denkers bymekaar. Sonder behoorlik deurdagte beplanning besluit hulle op ʼn reis van oorgawe. Kom ons oorhandig die fort en sommer ook die kolonie.

Ons word gedwing om die reis mee te maak. Op hierdie reis ervaar ons erge swaarkry. Nie dieselfde swaarkry nie. Mense word met motorbande doodgebrand, skole word afgebrand, busse en treine word aan die brand gesteek. Ons taal kom in gedrang by skool en universiteit. Kyk na paaie, hospitale asook monumente wat deur ons voorouers met groot ywer daargestel is. Dit word verniel!

Kom ons begin met ʼn nuwe reis: ʼn reis met ʼn bestemming. Hierdie reis bevat elemente van Afrikaner-Nasionalisme waar ons weer soos van ouds sal begin stry vir dit wat vir ons van belang is.

Ons pak hierdie reis aan met oorgawe. Ons reis met standvastigheid in die leer van ons Kerk. Ons bestry die sonde in elke vorm. Ons glo in ʼn nuwe fort en nuwe kolonie, dit is ons bestemming.

Net ʼn reisgenoot van hierdie land!

Koos van der Lith

Marble Hall

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Breytie ·

Dit sal ‘n fout wees om af te lei dat hierdie reis besig is om tot ‘n einde te kom in ‘n stortingsterrein van onkunde, onbekwaamheid en korrupsie. Kyk na die hele verloop tot dusver. Dis opvallend dat europeërs op ‘n besondere manier hier aan die suidpunt van Afrika beland het, ‘n manier wat baie verskil van Noord-Amerika en Australië byvoorbeeld. Terwyl in daardie lande grootskaalse uitroeiing van die inheemse bevolking plaasgevind het, het die verspreiding hier so anders verloop. Die ontmoeting of konfrontasie tussen swart en wit was baie meer ‘n konflik van kultuur en nie ‘n gewapende oorname van grondgebied nie.

Net so opvallend is die besondere ontwikkeling wat hier uitgevoer is onder leiding van blankes met die fisieke arbeid van die swartes. En ten spyte van al die verwyte wat na ons kant toe kom, leer ons praktiese ervaring en herinneringe aan ons kleintyd dat daar oor die jare ‘n besonder goeie verhouding was en steeds is tussen individuele wittes en swartes. So is die swartman wat vir my werk baie lojaal, heel tevrede met sy minimum loon, dankbaar vir al die ekstras wat ek aan hom kan afstaan en ook ‘n trotse pa van sy kinders en lid van sy gemeenskap waarvandaan hy kom.

Terselfdertyd is dit opvallend hoe dikwels ‘n mens verneem van ‘n Afrikaner wat hoof is van een of ander belangrike firma, organisasie of Raad, soos die man wat vanaf Januarie die posdiens gaan oorneem en regruk. Ons blankes beweeg steeds baie suksesvol onderkant die radar, weg van die groot klok en die kolligte. Daar is manne en vroue wat weet hoe om die kollig te laat val op die onbekwame top amptenaar, terwyl hulle hier in die gewone sagte lig woeker om die land in die regte koers te stuur.

Daar is beslis ‘n groter doel agter ons teenwoordigheid hier. Terwyl Europa oorstroom word deur die Islam ideologie, het ons die vryheid om ons geestelike energie ver daarvandaan te laat geld, te gebruik om te lei en in werklikheid voor te loop.

Dalk gaan Suid-Afrika uiteindelik die enigste plek in die wêreld wees waar ‘n klein groepie oorblyfsels van die Ariese ras beskikbaar gaan wees om ‘n nuwe orde tot stand te bring – hierdie keer ‘n geestelike krag wat geslyp is deur baie jare van swaarkry en intense pogings om hulle uit te roei.

Die reis neem ons na ‘n geestelike bestemming, maar ons is nog nie daar nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.