Lesersbrief: ’n Tree op die Karoovlaktes – Orania

’n Lugfoto van die dorp Orania. Foto: Orania.co.za

Pieter-Ben Roos skryf: 

’n Hanetree anderkant die Vrystaat se provinsiale grenslyn, langs die bruisende Oranjerivier, bevind ek my, ná lang afwagting, in die dorp waaroor almal ’n opinie het.

Die verwagting wat deur talle liberale artikels geskep is, lê in my agterkop. “Orania is ’n finale proefskoot vir apartheidsideale.” Ek kom die dorp wel oopkop binne, want ek wil my eie idees vorm.

Ek kyk na die pragtige rivier en probeer myself voorberei vir die dag wat voorlê. Langs die rivier sit en speel ʼn kind met ’n glimlag so helder soos die water daarin. Ek dink aan die oorspronklike rede, die konsep vir ʼn gemeenskap soos Orania. En ek besef: dié beginsel is gebaseer op behoud.

Behoud van die Afrikaanse kultuur, behoud van Christelike waardes, behoud van egte omgeegemeenskappe.

Daar is voorheen aan my genoem dat Orania se dorp verdeeld is tussen arm en ryk, wat sou beteken die dorp leef nie volgens sy eie kode nie. Met hierdie gedagtes in my kop besoek ek die voormalige bruin woongebied, Kleingeluk, wat vir jare lank verlate was. Die naam is beskrywend. In hierdie sogenaamde arm deel van Orania word enkelma’s met kinders van netjiese nuwe wooneenhede voorsien. Mans wat sleg deur die lewe getref is of die pad byster geraak het, vind hier ’n veilige hawe vir rehabilitasie en word toegerus met die gereedskap om die lewe weer opnuut aan te pak.

Die inwoners se trots op hul werk en dorp is tasbaar. Hier doen almal sommer twee of drie verskillende werke tot voordeel van die gemeenskap. Die strate is silwerskoon en die winkels spoggerig. Hier word die saamstaan-ideale suksesvol gehandhaaf en die vrugte daarvan gepluk.

Vir die eerste keer in ’n baie lang tyd ervaar ek rustigheid – iets wat ek selde elders in Suid-Afrika beleef het. Ek voel vry van die onderdrukking wat ons huidige regering op ons as minderheid plaas. Ek voel tuis, ek voel welkom. In Orania waai die wind van groei en nuwe hoop regoor die dorp.

Ek gesels op my laaste aand met my kelnerin en vra haar hoekom sy as 23-jarige hier in die middel van nêrens kom bly het. Die gegradueerde Puk-student som dit kort en kragtig op: “Hier kan ek ongedeerd en sonder vyande my lewe begin. Orania is ’n plek wat nie teen ander rasse of kulture is nie, maar vir sy eie!”

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johan ·

Baie dankie vir die pragtige terugvoer oor Orania. Ek het al heelwat besoeke daar afgele en dit wat jy beskryf het, het ek ervaar tussen my mense en dit wat daar aan die gang is. Is dit soveel gevra om jou eie plek te mag he om jou eie kultuur uit te leef en te bevorder? Bou voort Orania deur die gelukkige mense wat alreeds daar kan wees en die bestuur wat die toekoms in gedagte het. Ek hoop om myself daar te kom vestig en ook my deel by te dra binnekort.

Danie Myburgh ·

Orania is soos n ander deel vd wereld. Skoon, veilig en oop. Hier kan mens die rustigheid inasem en veiligheid beleef. Dis n genot. Ek vat dikwels jongmense daarheen. Hulle ken nie die ou Suid Afrika nie maar word getref deur die dorp se rustigheid, veiligheid en groei. Groete

marco polo ·

Goeie opsomming en net soos hoe ek dit ervaar het tydens ‘n besoek verlede jaar. Dis een van die min plekke in SA waar ek sal wil bly, indien ek terugkeer uit ballingskap.

Rasper ·

Ek sien op Afriforum se nuusbrief dat hulle tans by die VN is waar minderhede reg oor die wêreld so nou en dan vergader. Die tema – “staatloosheid”, en hoe dit minderhede aantas. Ons as Afrikaner is staatloos, punt. Die grootste struikelblok is egter nie die ANC of die VN of enige iemand anders nie, maar onsself. Die Afrikaner se filosofie is tans, alhoewel ons dit nie erken nie, en verbloem met woorde soos “hande vat”, is ALLES of NIKS. Dit terwyl Orania IETS is. Ons moet die kopskyf maak dat dit moontlik is om ‘n bestaan te maak in Afrika, terwyl daar ‘n anker is soos Orania vir Afrikaners in Afrika. Orania is al vêr gevorder. Dink maar net aan die Orania vroue wat genooi is na ‘n Afrika konferensie oor vroue. Ek is baie trots op al die Oraniërs.

TulbaghMan ·

Jy is korrek. My pa het altyd gese ‘afrikaanse mense en wit mense kan nie saam staan as hulle lewe in gevaar is nie’ – en dit blyk vir my waar. Daar is n paar van ons wat niks anders as ons eie kultuur, plek, veiligheid en vryheid wil he nie, maar die meerderheid gee meer om oor hulle naiewe sienings op wat ‘OK’ is, hulle BMW’s in Durbanville en net die algemene, `ignorant` gemak van die huidige lekker lewe, eerder as om te dink aan n toekoms wat saak maak, en waneer hulle eendag amper gehijack word, dan is hulle volgende move vlug australia of engeland toe… Hierdie artikel maak my lus om net vreedsaam saam al my eie mense, ons eie lewe te gaan leef…

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek kan net saamstem . Elke keer as ek daar besoek afle kyk ek met verwondering na die rustige lewe wat hierdie mense daar geniet. Almal is besig om hul deel by te dra om vir Orania n sukses te maak. Hardwerkende eerbare mense. Ek wens dat ek daar kan gaan vestig. Geen misdaad , uiters skoon en alles werk.

waarheid ·

Dit is wonderlik daar – ons was ook op beoske daar verlede jaar. Dit was ‘n wonderlike tydperk in my lewe en sal graag wil teruggaan,.

Francois vRvO ·

Hemel op aarde , maar teen ‘n prys.
Verstomend hoe maklik misdaad verwyder kan word uit ‘n gemeenskap. maar volkseie arbeid is nie so wonderlik soos wat dit klink nie.
As die jeug na hierdie plek getrek kan word om daar te leef sal Orania groei , maar ongelukig is die huidige patroon ou mense wat soontoe trek om daar dood te gaan .
Idiale plek om vir die jeug ‘n kiboets op rig , maar die ou mense wil nie gesteur word terwyl hulle dood gaan nie.

Christiaan ·

Ha-ha Francois, in die lig van persepsies…

In ons twee skole met dagsorgsentrums is daar tans 430 kinders met nog 30+ tuisskolers. In ons bejaardesorgsentrum is tans 14 mense. Dis hoekom ons tans druk beplan aan ‘n moderne aftee-oord vir 350 mense, net om die balans reg te kry. Elke kind wil tog ook sy oupa en ouma naby hê!

Dan weet jy seker ook nie dat die gemiddelde ouderdom van ons inwoners 35 is nie!!!

Robert ·

François, wat jy sê is gelukkig nie waar nie. Doen jou self ‘n guns en gaan kyk self. Ek het jong ouens daar ontmoet met hul eie besighede. Ouens en jong dames met geleerdheid en moed en durf en planne! Jong mans met vrouens wat swanger is. Nee, jy word aan jou neus gelei. Die skole daar is vol. Soos jy weet, kinders van ses jaar oud tot agttien jaar oud. (nie soos hier waar leerders tot in die twintigs nog in die laer grade is nie)

HENNA ·

Sal self graag daar wil bly …. Francois vRvO wat maak jou so spesiaal om te dink jy gaan nie oud word – hoop nie ek loop jou OOIT raak nie !!

Francois vRvO ·

@HENNA , ek vra onverskoning teenoor alle ou mense , neem aan tanie is ook al lank in die tand. Sal net graag wil sien die nywerheids gebied moet viniger uit bry as die begrafplaas.

B-man ·

Ek stem saam Francois. Ek en my jong vrou, met kind op pad, sal maklik soontoe skuif, maar is daar regtig volhoubare werk vir jong witboordjies?

Gerd Lourens ·

@Francois

Ekself was al ‘n hele paar keer op Orania, veral met die Geloftefees.

Sal hierdie jaar met die skoolhoof van die CVO-skool reël dat jy volgende jaar Graad 4 op my koste by hulle kan bywoon, sodat jy kan leer spel.

HENNA ·

@ Francois, ag Francois, tannie vra jou eerder om verskoning. Tannie het lanklaas iemand raakgeloop en sal jou kuier eerder waardeer. Ek verstaan wat jy bedoel met die nywerheidsgebied. Jy is reg.

Nog 'n Francois ·

Baie dankie vir die mooi artikel. Ek self het al op die Ineternet geloer na hoe die dorp lyk en wat daar aangaan. Ek was slegs een keer daar en dit was toe die dorpie net begin was. Dit lyk of daar ontsaglike groot vooruitgang so in die stilligheid plaasgevind het. Ek stel werklik belang om meer te weet.

Gys ·

Ek maak n punt daarvan om ten minste een keer per jaar soontoe te gaan. Hierdie jaar gaan ek vir die Geloftediens soontoe. Die Stem word mos nie meer by die Voortrekkermonument gesing nie.

Eddie ·

Maak belegging daar aantrekliker en skep naskoolse opleidingsfasiliteite ; veral ambagte !

Riena ·

Hierdie is `n ideale plek om te vestig en uit te bou. Ons moet net nie van die kinders vergeet nie. Twee kinders is nie eers vervanging nie. Ek sal graag wil weet hoe groot is die gesinne op Orania, want daarin le groei en hoop vir die toekoms. Nie net werwing van elders nie.

Du Toit Maritz ·

Groot dinge gebeur daar. Dis indrukwekkend hoe mense eenvoudig dinge gedoen kry eerder as om te kla en te kerm.

JAN ·

Inligting tegnologie globaliseer Orania. Kinders oorsee het hul spaarplanne by oa OSK teen beste rentes. 8%
Internet is 100% modern bruikbaar. 9000 hektar waardasie groei eksponensieël.
Die ratte van grootste reddingsdaad ooit begin draai.
Want eie arbeid maak vry.
Slegs vir die wat belangstel in beskaafde Christelike waardes.

Gerd Lourens ·

@Francois

Ekself was al ‘n hele paar keer op Orania, veral met die Geloftefees.

Sal hierdie jaar met die skoolhoof van die CVO-skool reël dat jy volgende jaar Graad 4 op my koste by hulle kan bywoon, sodat jy kan leer spel.

Susan ·

Ag, ou Gerd (en almal wat so graag “spelpolisie” speel). My broer kon ook nie spel nie. Sy onderwysers het hom gedaan geslaan. My moeder (ook ‘n onderwyseres) het haar bes probeer om hom te leer. Later is disleksie by hom gediagnoseer. Los asb. die “spelgestremdes” dat hulle in vrede kan kommentaar lewer. Jul spelling-kommentaar gaan hulle nie oornag laat reg spel nie. “Jille ierieteer net allie anner wat sinfolle komintaar wil lees.” ?

jj ·

Gerd, hierdie is nie ‘n Afrikaanse klas nie en mense stuur “boodskappe” om kommentaar te lewer, nie om noodwendig punte vir spelling te kry nie.
Maar as dit vir jou so belangrik is kan jy gerus aan jou eie sinskonstruksie werk – ‘n mens begin slegs in uitsonderlike gevalle of wanneer ‘n vraag gevra word ‘n sin met die woordjie “Sal”. Dit is ‘n plesier!

Agie ·

Ek het ‘n vraag in my hart.
Wat gebeur met onteiening sonder vergoeding?
Is daar reeds regstelsel in plek?
Sodra die land se koskas leeg gevreet is, swerm die sprinkaanswerm na die oorblywende kos.
Gebed : HERE wees ons genadig. Amen

Orania ondersteuner ·

Ons het die jaar die eerste keer Orania besoek as deel van die jaarlikse CVO-skole se atletiekbyeenkoms. Mens het natuurlik ʼn idee van “konserwatief”, “bewapende hekke”, “kwaai tannies met krulle in die hare” ensovoorts in mens se kop gehad. Dit is tog wat die liberale media mens vertel van Orania. Natuurlik was dit glad nie so nie. Die besoek was so lekker, toe ons huiswaarts moes keer, was die kinders in trane want toe kon hulle nie verder speel en swem met hulle nuwe maters nie. Gevolglik het die kinders gevra ons weer Orania besoek wat ons so gereël het. Ons het die hele dorp verken – tot die vliegveld. Mense kan nou maar sê wat hulle wil – ons weet van geen ander dorp in Suid-Afrika wat so ontwikkel nie. Al wat Orania nou kort is hoëspoed optiesevesel. Ek is seker dan gaan nog meer van ons mense soontoe trek en hulle dienste oor die internet verkoop. Ons sien uit na ons volgende besoek in Januarie 2019 (DV). Die keer bring ons ʼn ysmaker saam :)

Rasper ·

Ek gaan persoonlik die volgende sinnetjie onthou: “Die ratte van die grootste reddingsdaad ooit begin draai.” Jan, dit is baie waar woorde, en die geskiedenis sal dit onthou. Afrikaners was te lank deur die “Markus Jooste’s” van ons dag aan ons neuse rond gelei. Ek sien ‘n moderne Afrikaner stad in Afrika. Wat handel oor die hele wêreld. Dink net bietjie. Die eerste Oranier wat ‘n goue medalje by die Olimpiese spele gaan wen, is al reeds gebore…..

Brens ·

Ek self het n familielid wat daar woon. Indien jy DUKKKK in die geld is; kan jy soontoe. Dank die liewe vader ekt aanbeweeg in die lewe en myself onderrig oor die afskuwelike verlede en apartheid. Ek sidder om te dink daar is nog sovele onkundige Afrikaners; meeste in Orania is rassiste, RYK rassiste. Het hul al n cannabis plantasie daar of nie?

Rasper ·

Nou geniet die Nuwe Suid-Afrika met alles wat dit vir jou bied. Ek sidder om te dink daar is nog soveel onkundige Afrikaners.

jaap ·

Ek wonder soms of kundiges soos u dink u is sit en wonder of dit nie dalk ‘n beter gebruik van u tyd sou wees om die gemeenskap te probeer opbou eerder as afbreek nie

Aster ·

Ek het ook al baie goeie dinge van Orania gehoor en sal ook daar ‘n draai wil maak. Ek wonder net…Orania is ook nét so groot, hoe sal Orania nog kan uitbrei met al ons land kwessies? Sal die SA regering Orania kan “opraap”?

JAN ·

Grootste uitvoerproduk sopas bemark is sonkragstelsels vir huise . Watergiesers en elektrisiteit. Juslaaik ! Groot mark!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.