Lesersbrief: Waar is Suid-Afrika se beleggings in sy eie mense?

(Argieffoto)

Willem van Vanderbijlpark skryf:

O genade hoe pateties is die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) se webwerf dan nou nie?

ʼn Mens sou gedink het met al die geld wat beskikbaar is, sou dié departement ʼn pragtige moderne en gebruikersvriendelike webwerf kry? Maar nee, dit is eerder ʼn webwerf wat deur ʼn kleuter gebou kon word. Dan wil die webwerf ons boonop nog wysmaak dat dit ʼn blad is “waar jy tuis voel”.

Wat verbasend is, is dat daar uitstekende IT-maatskappye hier op eie bodem is − wat wêreldwyd bekend is − wat sou kon verseker hierdie webwerf is nie net slim nie, maar maklik om te gebruik en kan help met aktiewe terugvoer aan die gebruiker.

Hoe minder mense rede het om te sukkel en te kla, hoe meer tyd en energie sal hulle hê om positiewe veranderings in hulle eie lewens te maak.

Wanneer daar toeganklikheidsprobleme is tot inligting, veral met die kwessie van die beskikbaarheid van elektrisiteit en tegnologie, verarm dit mense op die langeduur. Dít terwyl die mense in nood eintlik net wil terugvoer kry oor wanneer en waar hulle ʼn R350-toelaag kan kry.

Komaan Suid-Afrika, belê in jouself, jou mense, jou land en al die burgers, immigrante, besoekers en beleggers. Werkskepping sal radikaal toeneem en eenmansakeondernemings sal ʼn kans kry om ʼn bestaan te maak vir hulle families.

Wees pro-aktief en verbeter die land waarin ons leef. Daardeur sal ons weer die kinders parkie toe kan vat en sommer daar ʼn piekniek vir aandete aanmekaar slaan. Hou ons land skoon, gemaklik, gerieflik, aantreklik en vriendelik vir elke inwoner en belegger, asook toeriste en die mense wat Suid-Afrikaanse produkte kan steun en beskerm.

Ons mense is ons grootste belegging vir die toekoms van ons land.

Groete uit vuil Vanderbijlpark, waar die riviere rioolwater, vullis, rotte en kokkerotte dreig om ons te oorval.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kokerboom ·

Dis ‘n wekroep om totale regeringsonbevoegdheid uit te roei en kleur uit die vergelyking te haal

Filistyn ·

Jy droom Willem, Afrika se mentaliteit is onder die grond met geen trots by ons “leiers ” nie, behalwe natuurlik hul eie banksaldo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.