#JongStemme: Skep saam hoop vir die toekoms op Jeugdag

(Skermgreep uit die video)

Leandry Smith, die junior burgemeester van Tshwane en ʼn leerder aan Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, het ʼn spesiale boodskap vir die jeug opgeneem om Jeugdag te vier.

In die videoboodskap vra sy jong mense om hul land eerder te definieer deur vriende, familie en eenheid as net ʼn blote vlag, liedjie of leuse.

“Ons is almal saam op hierdie reis en daarom moet ons hoop skep vir die toekoms.

“Juis daarom moet ons botteltjies van liefde en botteltjies van omgee vir alle mense elke dag uitdeel,” sê Leandry.

Kyk hier na haar volledige Jeugdagboodskap:

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.