#JongStemme: Vaderland, die jeug hoor jou roepstem

Deur Veniece Janse van Rensburg

(Foto: Phillip Bruwer)

Die jeug gaan moet veg. Veg vir Suid-Afrika. Vir regverdigheid. Vir die behoud van die Afrikaner kultuur en sukses. Teen die bestel van onregverdigheid en met die mentaliteit van volhoubaarheid.

Gemeenskapsfederalisme is ʼn kerndoelwit vir die vryheidsideaal van ons Afrikanervolk. Ek stem saam met mnr. Joost Strydom van die Orania Beweging, “vryheidsdenke en -spraak om die braaivleisvuur” is die eerste stap.

“Ons hou die verlede in gedagte terwyl ons bou aan ons eie toekoms,” sonder die kweking van enige afhanklikheid.

Liewe jeugdige, daar is nie beter grond of “groener gras” elders nie. Die Afrikaner se grond is in Suidelike-Afrika. En ons moet die Here dank daarvoor, want daar is nie nog grond op pad nie.

Die jeug gaan die goedkoop narratief van die regering moet verbreek en die politieke strukture herstel sodat gelyke geleenthede en regte voortgeset kan word vir alle Suid-Afrikaanse burgers. Mag moet afgewentel word tot by die individue, maar tot voordeel van die hele gemeenskap. Die regering se poging om die 9% wit bevolking te verdruk gaan moet einde kry. Die jeug gaan moet veg vir elke burger en elke boer, want ʼn verskoning vir die leuens wat in Suid-Afrika sirkuleer, gaan daar nie gekry word nie.

Die oorhoofse Solidariteit Beweging, wat insluit Solidariteit en AfriForum Jeug, betrek die jeug vir die stigting van ʼn volhoubare Afrikanermentaliteit vir die bitter figuurlike oorlog wat reeds woed. Hier neem ons verantwoordelikheid vir ons toekoms, eienaarskap van ons besluite en die hande van bereidwilliges om te veg en bou.

Daar sal weer 20 000 onregverdighede deur 470 jeug lede verslaan kan word – 470 jeugdiges sal weer vir God kan roep om hulp. Dié 470 jeugdiges, so sterk soos die 470 Voortrekkers. Die Vaderland se stem het geroep en daar word geantwoord. Honderde jeugdiges reeds aan die werk!

Vir die Afrikanervolk en -ekonomie om vooruit te gaan, moet ons jeug as generasie sterker roepingsgedrewe en beter opgelei wees as die vorige generasies. ʼn Taak reeds in werking, sodat die jeug kan leer. Leer by God en leer vanaf die huidige en vorige generasies. Die jeug moet die geleentheid aangryp om te leer by die grootste mentors in Suid-Afrika. Vanaf Solidariteit, AfriForum, Sol-Tech, Akademia, Die Solidariteit Helpende Hand, Orania en vele meer.

Wedersydse erkenning en respek is die grondslag en Christelike waardes die steunpunt. Veiligheid vereis vryheid en die jeug is selfverantwoordelik vir die stigting en bydraes tot daardie vryheid.

Ons sal die beeld bereik deur te veg en bou sodat elke Afrikaner ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms in hul vaderland kan hê en trots kan wees op hul erfenis en identiteit. Want my kind, jy mag maar!

Liewe jeugdige, met jou opstand vir regverdigheid is gemaklikheid verworpe en vooruitgang verseker vir die Afrikanervryheidsprojek.

Die jeug se beurt het aangebreek om Suid-Afrika te herstel. Jou Afrikanergeboortereg word gekoester en die regering/ ANC is nie reg daarvoor nie.

Ek het al gewonder hoe dit sal wees as ek eendag vir my kinders op ʼn plot in die Noord-Kaap ʼn foto kan wys van die 470 jeuglede vír Afrikanerskap! Maar tot dan “bly ek bou, bly ek leer, hou ek moed en bly ek vertrou!”

“Wees ʼn hand wat optel, ondersteun, bou en bid vir my en jou toekoms in jong Suid-Afrika.”

In die murg van ons gebeentes. In ons hart en siel en gees, in ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees. In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot ons graf – deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

Vaderland! Ons sal die adel van jou naam met ere dra: Waar en trou as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika. Op jou roepstem sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja: Om te lewe, om te sterwe – ja, ons kom, Suid-Afrika.

  • Veniece Janse van Rensburg is ‘n student in BSC Wiskundige Wetenskappe aan Akademia.

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en raad met jou loopbaan.

As jy tussen 18 en 26 jaar oud is en ʼn meningstuk wil skryf, stuur ʼn e-pos na [email protected] en ons maak graag kontak met jou.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Republikein in die Wes Kaap ·

Oor watter Suid Afrika raak jy so opgewonde dat jy selfs jou lewe sal gee? Beskryf daai Suid Afrika vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.