#JongStemme: Waarvoor studeer ek as my kwalifikasie nie goed genoeg is nie?

Deur Veniece Janse van Rensburg

Veniece Janse van Rensburg (Foto: Verskaf)

Waarvoor studeer ek as my kwalifikasie nie goed genoeg is nie, maar my geld is?

Dis-Chem, waarvoor studeer ek as die gelykheidswet nie eers deur ʼn multimiljardrand-maatskappy toegepas kan word nie?

Dis-Chem, waarvoor studeer ek as daar nie eens skaamte is oor die publieke verontagsaming en weiering van wit aanstellings nie?

Die voldoening aan regstellende aksie en beleid in 2022 deur Dis-Chem dra sonder skaamte by tot Dis-kriminasie in die werkplek. Waar jou kennis, ervaring en CV nie in ag geneem word nie, maar jou geld en aankope word verwelkom.

Die wet bepaal uitdruklik dat posvlakke waar swart mense onderverteenwoordigend is, “reggestel” moet word. Dit kan nie eers korrek gedoen word nie.

Regstellende aksie se tyd is verby en wat hiervoor gewys kan word deur die ANC is niks nie. Die magsrolle is nou al geruil vir 28 jaar met niks wat bereik is vir enige groep nie – nie eers hul eie mense nie.

Wat het Suid-Afrika bereik vanaf 1994? Kom ons kyk.

In 2022 is Suid-Afrika derde in die wêreld wanneer dit kom by skoolgeweld. 100 dae se gesamentlike beurtkrag is behaal. Die ekonomie is besig om geplunder te word, terwyl werkloosheid eksponensieel vermeerder.

Wit kinders se staatsbeurse word afgekeur terwyl staatstoelae en kostelose onderrig vir swart kinders verkry word teen R28 miljoen. Die kwotastelsel is skandelik en verteenwoordigend van die ANC-agenda. Basiese behoeftes se kostes word al hoër en brandstofkostes verdubbel in minder as ʼn jaar.

Belastingkerwe ontneem groot gedeeltes van jou salaris net sodat jou belasting se volhoubare gebruik nie geskied nie. Die staat skraap geld saam vir beurtkragstasies se herstelwerk en dieselverkryging. Nog ʼn paar rand net weg.

Vir ʼn land om sulke drastiese implementerings te maak om die 9% wit bevolking te benadeel, is blatant skrikwekkend. Suid-Afrika het ekonomies die afgelope 28 jaar onderpresteer, maar darem voldoen Dis-Chem en vele ander groothandel maatskappye aan regstellende aksie-teikens! 80% van die bevolking se “regstelling” met 100% van die land se agteruitgang as gevolg. Sjoe!

Graadkry is nie meer so lekkerkry om klaar te kry nie, sê ek in teenstelling met mnr. Langenhoven. Om volgens die huidige regstellende beleid vir ʼn hoër posvlak in aanmerking te kom, benodig jou velkleur dikwels ʼn ander pigment, al is jou graad met lof.

Dis-Chem is een van die vele maatskappye waar beleidsvoldoening nie problematies is nie, maar eerder aangemoedig word deur die ANC.

Die onttrekking van Dis-Chem se aanstellingsbeleid vereis openbare deursigtigheid. Dis-Chem is ʼn genoteerde maatskappy. Waar is die deursigtigheid en waar is die statistiek wat weerspieël dat elke blanke aanstelling nie “regverdig” word met sewe nie-blanke aanstellings nie? Die statistiek is veronderstel om te toon dat die aanstellingsbeleid verwerp is en aanstellings slegs gebaseer is op meriete.

Maar Suid-Afrika se SEB-beleid het hierdie onhaalbaar gemaak. Die beleid verseker dat alhoewel Dis-Chem die beleid onttrek het, aanstellings van swart mense sal voortgaan met opsetlike verontagsaming van die gelykheidswet teenoor wit mense. Bevordering van swart mense word sodoende soms ongelukkig forseer en nie verdien nie.

My geld en tyd, my ure en opoffering, met die wete dat die werkplek wat ek gaan betree my reeds wil benadeel as gevolg van ANC-beleid. Maar daar is hoop. ʼn Solidariteit Beweging wat Afrikaners se toekoms probeer beskerm en volhoubaar verseker.

So Dis-Chem, waarvoor studeer ek ? Ek studeer ter bevordering van myself, my gemeenskap, my land en my taal.

Koop vandag jou medisyne by jou plaaslike apteek – so verseker ons voorspoed vir ons eie gemeenskap.

  • Veniece Janse van Rensburg is ‘n eerstejaar BSC Wiskundige Wetenskappe student aan Akademia en ‘n jong werkende.

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en raad met jou loopbaan.

As jy tussen 18 en 26 jaar oud is en ʼn meningstuk wil skryf, stuur ʼn e-pos na [email protected] en ons maak graag kontak met jou.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy studeer primêr vir jouself. Voltooi jou graad en oorweeg opsies wat is goed vir JOU.

Harley Davidson ·

Jy mag net sekere rigtings studeer ,medies ,veeartsenykundige word gereserveer vir swart mense en wit studente moet eers ‘n BSc vir n jaar doen voor hulle toegelaat word

Harley Davidson ·

Dit is die probleem die diskriminasie agv velkleur dit vernietig die ekonomie, sport onderwys en moet beveg word deur almal in suid afrika.Die media is die beste platvorm om dit te doen maar weens sensasie en politieke korrektheid weier hulle .Die politieke leiers misbruik die feit ook vir politieke gewin ongeag die implikasies.

Hennie Biebouw ·

Jy studeer vir jouself, sodat jy na jouself kan kyk, jou eie pot kan begin krap, sonder om ooit bakhand te staan voor enige korporatiewe deur.
Gebruik jou kanse……in ‘n land soos Suid-Afrika val daar bitter baie pap op die grond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.