Grafieke: Leidende ekonomiese aanwysers oor die wêreld

geld-finansies-spaar-begroting-belegging-02-deur-stevepb-op-pixabay

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die volgende grafieke, wat ontleen is uit Sakeliga-ETM se Ekonomiese Oorsig vir Besluitnemers in die Sakewêreld, Julie 2019, bevat ’n samevatting van ’n paar belangrike leidende ekonomiese aanwysers van oor die wêreld.

Hierdie aanwysers word gewoonlik gebruik om idees oor toekomstige ekonomiese toestande te vorm.

Die leidende aanwysers uit Amerika (Grafiek 1) en Europa (grafiek 2) skets nie ’n prentjie van florerende ekonomiese toestande nie.

sakeliga-grafiek-vsa-leidende-aanwysers

Grafika: Sakeliga.

Die Amerikaanse leidende ekonomiese aanwysers dui op ’n noemenswaardige verlangsaming in die VSA se ekonomiese bedrywighede (maar nog nie op ’n resessie nie).

Op sy beurt beleef Europa klaarblyklik sy eie strukturele ekonomiese probleme wat op die Europese aanwysers reflekteer.

sakeliga-grafiek-europese-sakesiklus

Grafika: Sakeliga.

Leidende aanwysers uit Asië (grafiek 3) het onlangs ’n effense opswaai getoon. Dit is waarskynlik te danke aan fiskale stimulus deur die Chinese beleidsowerhede.

Gegewe die hoë korporatiewe skuldvlakke tesame met onstuimigheid in die Chinese banksektor is dit raadsaam om die opswaai in Asië se leidende aanwysers versigtig te oorweeg.

Die volledige ontleding oor die wêreldekonomie kan by die volgende skakel gelees word.

sakeliga-grafiek-asie-oeso-leidende-aanwysers

Grafika: Sakeliga.

[Grafieke soos teen Junie 2019.]

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.