Nuwe aanwyser van handelstoestande op geldsake-aanwyserblad

ekonomie-finansies-geld-sakrekenaar-knyp-spaar

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Sakeliga het onlangs die volgende aanwyser oor handelstoestande op die geldsake-aanwyserblad gepubliseer. Ons beoog om elke nou en dan nuwe grafieke en aanwysers te toon wat ʼn goeie blik op plaaslike ekonomiese toestande verskaf. Dié grafieke op die aanwyserblad word regstreeks bygehou met die jongste data soos dit beskikbaar raak.

Die aanwyser van handelstoestande hieronder gee ʼn aanduiding oor die gunstigheid of ongunstigheid van huidige handelstoestande vir ondernemings.

In die grafiek sien ons dat huidige handelstoestande (K1 2019) ongunstig vertoon. Toestande is al vir etlike jare sedert die groot finansiële krisis van 2008/2009, buiten ʼn paar kwartale, onder neutraal en swak. Sakeliga is van mening dat ingrypende deregulering, ʼn afskaal van beleide soos BEE en die bevordering van markvryheid, nodig is om die sakesektor weer aan te wakker.

Natuurlik moet sulke aanwysers soos die een hieronder in die lig van ander aanwysers, data en bronne beoordeel word om ʼn goeie geheelbeeld oor die ekonomie te kry – raadpleeg gerus die geldsake-aanwyserblad om meer aanwysers en kort ontledings te sien.

Grafiek: Sakeliga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maria ·

Dankie vir julle goeie werk. Ons moet oorskakel na die digitale ekonomie waar ons nie so erg gereguleer kan word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.