OBK wil dispute by MTN eindig

Argieffoto

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat namens staatsamptenare beleggings bestuur, het weer eens getoon dat hy nie ʼn stil rol gaan vertolk nie.

Die groep het ʼn aktiewe rol gespeel in die telekommunikasiereus MTN se buiging op Nigerië se aandelebeurs Donderdag in Lagos. Die notering het $6,5 miljard oplewer.

MTN Nigerië het die afgelope jaar verskeie probleme met regulerende owerhede in dié land gehad. Dit sluit in die reserwebank van Nigerië en die prokureur-generaal. MTN moes ook boete betaal omdat dit in 2015 nie 5,1 miljoen gebruikers van die netwerk verwyder het wat nie die regte dokumentasie gehad het nie.

Die OBK is MTN se grootste aandeelhouer en hy wil nou ʼn einde bring aan dispute wat die groep se aandeelprys weens regulerende-, regse- en politieke twiste benadeel het. Die groep se aandeelprys het die afgelope vier jaar kwaai deurgeloop.

Die OBK se belang in MTN beloop 26%. Die maatskappy het ook belange in lande soos Benin, Botswana, Liberië, Suid-Afrika, Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Volgens markspekulasie het MTN sy aandeelhouerspiere gebult om van die huidige voorsitter Phuthuma Nhleko ontslae te raak. Die nuus is egter nog nie deur een van die twee partye bevestig nie. Volgens gerugte het die OBK ook daarop aangedring dat MTN die maatskappy se uitvoerende bestuur herorganiseer.

MTN se bestuurshoof, Rob Shuter, het bevestig dat daar samesprekinge oor die toekoms van die bestuur gevoer is. Hy het bygevoeg dat interaksie met die bestuur op die hoogste vlak plaasgevind het.

Die raad wil hê dat die volgende voorsitter, die oud-adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, soos gou as moontlik aandag aan struikelblokke in Nigerië sal gee.

Die volgehoue spanning met Nigerië en Iran het daartoe gelei dat MTN ʼn gedeelte van sy mark teenoor Vodacom in Afrika-mark verloor het.

Nog ʼn probleem wat Nigerië sal moet oorbrug, is die aanstelling van direkteure. Ofskoon Nigerië MTN se grootste mark is, het hy nie ’n Nigeriese direkteur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.