Finansiële wysheid: Begin met die einde in sig!

Argieffoto (Foto: Andreas Breitling/Pixabay)

Wat is wysheid? Wysheid word beskryf as ʼn eienskap van iemand wat oor baie kennis beskik en toepas. Waar ons hierdie week meer spesifiek aandag gegee het aan finansiële wysheid rondom testamente of soos die Engelsman sou sê “financial wisdom”, kan ons dit opsom in een sin: “Always think about the results of your actions, you will be satisfied later with what you choose today.”

Om die week af te sluit deel ons graag 10 belangrike riglyne om te onthou wanneer jy jou testament laat opstel.

10 belangrike riglyne

  1. Slegs ʼn oorspronklike, getekende testament is geldig, daarom hou ons jou testament, gratis, in veilige bewaring by attooh! Wills & Estates.
  2. Dit is baie belangrik om ʼn mede-aanstelling van ‘n goedgekeurde professionele eksekuteur te nomineer, omdat die Meester van die Hooggeregshof jou keuse van eksekuteur van die hand kan wys.
  3. Maak seker dat jou lewensversekering se begunstigde-nominasies en jou testament mekaar komplimenteer.
  4. Indien jy minderjarige kinders het, maak seker daar word in jou testament gestipuleer dat hul erfporsie in ʼn Testamentêre Trust geplaas moet word. Indien jy nie ʼn Testamentêre Trust skep vir jou minderjarige kinders nie, kan hul erfporsie na die voogdyfonds van die staat of hul voogde gaan.
  5. Nomineer voogde in jou testament. Voogbenoemings is slegs van toepassing wanneer daar geen oorlewende biologiese of wettig aangestelde ouer is nie.
  6. Bespreek jou wense met jou genomineerde voogde, hierdie voogde moet bewus wees van so ‘n aanstelling en dit aanvaar.
  7. Niemand kan erf totdat alle skulde, fooie, belasting en huwelikskontrak-eise vereffen is nie, ongeag wat jou testament sê of selfs as jy nie ʼn testament het nie. Maak voorsiening hiervoor.
  8. Dit is belangrik om te onthou dat jy jou testament kan gebruik om jou laaste wense te dokumenteer, maar dit is slegs wense en is dalk nie afdwingbaar nie, al sal dit waarskynlik nagekom word.
  9. Indien jy ʼn orgaanskenker wil wees, moet jy by die Orgaanskenkerstigting registreer sodat hierdie wens doeltreffend kan wees.
  10. Ons stel voor om jou testament so eenvoudig as moontlik en op datum te hou, aangesien jy nie vir elke geleentheid voorsiening kan maak nie.
  • By attooh! Wills and Estates, is dit ons missie om jou nalatenskap te beskerm! Ons wil jou vandag nie net bederf met finansiële wysheid nie maar ook met ouma se smaaklike piesangbroodresep. Klik hier om die resep af te laai. 

attooh! Wills and Estates met hulle span spesialiste sal jou bystaan om jou testament reg op te stel en seker te maak dit is maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel of wysig. Tydens die konsultasie sal hulle ook ʼn beraming doen rondom die regskostes soos bv. eksekuteursfooie, akteprokureursfooie, Testamentêre Trustfooie, meestersfooie en ander onmiddellike uitgawes wat verbonde is met die afhandel van jou boedel. Voltooi hierdie vorm indien jy belangstel in ʼn konsultasie:

Die vorm is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.