Só eis jy van die Padongelukkefonds

Die Padongelukkefonds (POF) is ’n fonds wat ingevolge die Wet op die Padongelukkefonds gestig is en die hoofdoel daarvan is om die aanspreeklikheid van die nalatige bestuurder van ’n voertuig te beperk.

’n Derdepartyeis is ’n eis wat ingestel word deur ’n persoon of ’n afhanklike van daardie persoon, wat ’n liggaamlike besering opgedoen het of gesterf het as gevolg van ’n motorongeluk wat deur die nalatige bestuurder van ’n motorvoertuig veroorsaak is. Derdepartyeise word by die POF ingestel.

Padongelukke waarby alle soorte voertuie en motorfietse betrokke is, word outomaties gedek ingevolge die wet, maar die fonds dek nie skade aan ’n voertuig of goedere binne die voertuig nie. Vergoeding vir sodanige skade moet geëis word van die persoon wat die ongeluk veroorsaak het of van sy of haar versekeringsmaatskappy.

Claims.co.za is ʼn span spesialisprokureurs wat ʼn stap-vir-stapgids saamgestel het hoe jy van die POF kan eis.

  1. Stel die nodige dokumente saam

Die dokumente wat jy benodig om ʼn eis by die POF in te dien is die volgende:

  • Die polisieverslag en/of saaknommer van die ongeluk
  • Al jou betrokke persoonlike besonderhede asook die besonderhede van die persoon wat in die ongeluk betrokke was
  • Alle stawende mediese verslae van beserings wat opgedoen is waarvoor jy wil eis
  • Enige motiverende getuienis van mediese en/of regskenners en getuies se verklarings
  • Enige relevante inligting wat met die ongeluk verband hou, soos skade aan voertuig/e en/of omliggende strukture
  1. Voltooi die eisvorms

Eise moet op ʼn eisvorm (Form 1) ingedien word wat basiese inligting verskaf oor die eiser, die voertuie en partye betrokke in die ongeluk, die datum en plek van die ongeluk en die bedrag wat geëis word. Dit bevat ook ʼn mediese verslag van die betrokke geneesheer.

Bestuurders van motors wat in die ongeluk betrokke was, moet besonderhede van die ongeluk aan die POF of betrokke POF-prokureur op ʼn afsonderlike ongeluk-eisvorm verskaf.

Indien algemene skade geëis word, moet ʼn ernstige besering-assesseringsverslag (“Serious Injury Assessment Report”) by die POF of betrokke POF-prokureur ingedien word wat bevestig dat die besering van ʼn ernstige aard is.

Alle vorms is op die claims.co.za-webwerf beskikbaar.

  1. Dien die dokumente in

Sodra die nodige vorms voltooi is en die meegaande dokumente gereed is, moet die oorspronklike dokumente aan jou POF-prokureur oorhandig word. Die POF aanvaar nie dokumente wat per e-pos aangestuur word nie.

Die eiser se bewyse word daarna deur die POF oorweeg.

Claims.co.za sê die eis sal na verwagting binne ʼn paar maande geprosesseer word, maar dit kan tot drie jaar duur.

As jy wil hê spesialisprokureurs moet jou padongelukke-eis hanteer (geen fooie betaalbaar indien die eis onsuksesvol is nie), kan jy claims.co.za sommer vandag nog kontak. Klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.