Bloem-dansers se sokkie-video het almal aan’t dans

Anna Pain en Dirco Haasbroek voer die sokkie- en Rumba-roetine uit (Foto: 'n Skermskoot uit die video)

Anna Pain en Dirco Haasbroek voer die sokkie- en Rumba-roetine uit (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

ʼn Video, waarin twee Bloemfonteinse dansers met ʼn sokkie- en Rumba-roetine die dansvloer aan die brand dans, versprei soos ʼn velbrand op sosiale media.

Die video is reeds in Desember 2015 op YouTube gelaai, maar doen weer die ronde op sosiale media.

Anna Pain en Dirco Haasbroek, die dansers in die video, het dié danspassie by die Volksblad Food & Art Market uitgevoer.

Pain en Haasbroek is beide as dans-onderwysers verbonde aan die Dancesation-dansstudio in Bloemfontein. Dié sltudio het in Desember 2015 ʼn doen-dit-jouself DVD vrygestel het wat amateurs leer hoe om te sokkie, Twostep en Boerewals.

Die DVD word in Afrikaans aangebied.

Vir meer inligting, besoek Dancesation se YouTube-kanaal of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Uvonka ·

Baie mooi, laat die voete lekker juk! Ek is mal oor dans en glo my, dit is die beste oefening wat daar is.

Stephanus Fourie ·

Waar kan ek die selfdoen dvd kry? Ek is van Springs Gauteng.

Lena ·

Stephanus kyk op takealot…Ons love sokkie Dvd. Jy kan die dvd bestel teen R300.

Estelle ·

Uvonka ek stem saam met jou want my voete juk ook nou as ek dink aan my jong dae toe ek so lekker gedans het en dit het ook gesorg vir oefening vir n slanke lyfie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.