Deel die herinneringe aan ’n kuiertjie by maats, die koms van ’n nuwe troeteldier, of sommer enige prettige geleentheid! Maak ’n mini-album met foto’s wat jy geneem het en voeg dit saam in ’n oulike stapelkaartjie.
Jy benodig:
- Dun Karton: 15 cm x 21 cm
- Vel wit papier: 12 cm x 54 cm
- Stukkies papier
- Gomstiffie
- Lint of koord: 50 cm
- Foto’s
- Skêr
Metode:
Versier die voorkant
- Vou die karton en knip die hoeke rond.
Knip papiervorms om die kamera te maak.
- Plak die papiervorms in posisie.
Maak die binnekant
- Vou die vel papier in ʼn konsertina.
Knip jou foto’s sodat hulle pas en plak vas.
- Plak die bokant van die konsertina in die kaartjie vas.
- Vou die lint of koord om die kaartjie. Plak dit binne-in vas. Knoop die punte aan mekaar.
Skryf ʼn boodskap en maak byskrifte vir jou foto’s.
Bron: Vlytige Geskenke
Uitgewer: Penguin Random House