Margaret Thome Bekema (97), wat in 1936 matriek sou voltooi, het eers 79 jaar later dié geleentheid gekry. Sy moes die skool verlaat om na haar gesin om te sien toe haar ma met kanker gediagnoseer is. Margaret het onlangs ʼn erediploma van die Grand Rapids Catholic Central High ontvang, wat haar in trane gehad het.
“Ek kan nie genoeg dankie sê nie! Dit was moeilik om die skool te verlaat, baie moeilik. Ek was baie lief vir skool en het baie maats gehad.”
Die skool se hoof, Greg Deja, het gesê Margaret se daad is inspirerend. “Haar lewe is een van opoffering en diens en dit is presies die waardes wat ons ons studente wil leer.”
Lees die volledige berig hier.
Geluk Ouma – dit kan gedoen word!