Jy het geleer beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone, maar nou kan jy ekstra lekker boer met ʼn bykomende stel speelkaarte vir jou gunstelingbordspeletjie.
Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone en is baie gewild danksy die prettige manier waarop kinders (en grootmense) meer leer van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde, sosiale interaksie en hoe om met geld te werk.
Nou is daar ʼn spesiale uitbreidingstel beskikbaar vir die gesinne wat al hul bestaande speletjie voos gespeel het. Ingesluit by die houer is ʼn bykomende stel speelkaarte (72 kaartjies), wat beloof om meer pret en ʼn groter uitdaging te wees vir alle spelers: snaakser, meer interaksie tussen spelers en minder voorspelbaar.
Die Boereplaas-speletjie en die uitbreidingstel is in Maroela Media se Koöperasie beskikbaar. Indien jy dit saam koop, kry jy afslag!
- Koop die Boereplaas-bordspeletjie met uitbreidingstel
- Koop slegs die Boereplaas-bordspeletjie
- Koop slegs die uitbreidingstel
Waar kan ons koop of bestel,dankie
Dagsê Johann
Klik gerus op die skakels in die berig om die speletjie in Maroela Media se Koöperasie te bestel, of besoek http://maroelawinkel.co.za.
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media
Waar kan ons kry en wat kos dit.. My ou Borreplaas het ek al meer as 40 jaar.. Nog die ene met oom Kallie wat die hek oopvergeet het…
Te oulik en lekker in Afrikaans. Briljant!