Die agtjarige Kaylene Crewe het ‘n seldsame niersiekte. Haar ouers, twee polisiebeamptes, vrees dat sy weer ‘n terugslag sal hê, omdat hulle dit nie finansieel kan bekostig nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 18 Oktober 2016
11 vas wat glo lisensies verkoop
Die Valke het nege verkeersbeamptes, sowel as hul twee beweerde makkers, in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en bedrog.
‘Trek aanklagte terug’ sê Gordhan vir NVG
Pravin Gordhan, minister van finansies, het adv. Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgnigsgesag (NVG), Dinsdag ingelig hy gaan nie vertoë rig oor sy hofsaak nie, maar eis die NVG moet die saak terugtrek.
Zuma: ‘Studentebetogings teken van lewendige demokrasie’
Pres. Jacob Zuma meen die studentebetogings wat universiteite landwyd lamlê en binnegevegte in die ANC is tekens van ʼn demokrasie.
‘SAUK speel nie oop kaarte oor SAUK 8’
“Ons meen steeds dit is hoogs onwaarskynlik dat hierdie besluit sonder die raad en/of die uitvoerende bestuur van die SAUK se medewete plaasgevind het.”
Hof hoor oor Jayde se ‘moordenaar’
Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Dinsdag besonderhede gehoor oor die inhegtenisname van Jayde Panayiotou se vermeende moordenaar.
Guptas ‘verheug’ oor Gordhan se hofaansoek
Die Gupta-familie het in ʼn verklaring gesê hulle is “verheug” oor Pravin Gordhan, minister van finansies, se hofaansoek en het hom “bedank vir die geleentheid”.
ToekomsVenster: Ouderdom is relatief
Elke dag is ʼn geleentheid en ouderdom is geen diskwalifikasie om op ʼn baie sinvolle wyse uitdrukking te gee aan jou lewenslange roeping nie. God hef nie ʼn mens se roeping op omdat jou liggaamskrag afneem, jy minder beweeglik is of watter rede ook al aangevoer kan word nie.
Boereplaas: Nou gaan ons (ekstra lekker) boer!
Jy het geleer beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone, maar nou kan jy ekstra lekker boer met ʼn bykomende stel speelkaarte vir jou gunsteling Boereplaas-bordspeletjie!
[Video] Baba sonder arms eet met haar voetjies
Die meeste babas moet met speelse rympies oor vliegtuie en vinnige motors gepaai word om hul kos te eet. Dis egter nie vir almal so nie: ʼn video van ʼn baba, wat sonder arms gebore is en haarself met haar voete leer eet het, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Video: Xiaomi het glo eerste buigbare slimfoon vervaardig
Die internet is behoorlik op hol oor ʼn video wat daarop dui dat die vervaardiger Xiaomi daarin geslaag het om die eerste buigbare slimfoon te vervaardig. Dié video het onlangs op die webwerf Youko uitgelek.
Boer skiet ‘plaasaanvallers’
Ses gewapende mans het ʼn boer en ʼn plaaswerker Dinsdagoggend op ʼn plaas in die Fochville-omgewing in die weste van Gauteng aangeval.
Renosterstropery: Selfs stadsmeisies kan nou help
Toe ek weer kyk, bevind ek myself in ʼn doringboom met vier renosters onder my. Ek is dalk ʼn stadsmeisie, maar van een ding is ek seker – renosters kan nie bome klim nie.
Regering betaal #FeesMustFall-leier se studies
Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Dinsdag weer in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Vrou gevonnis vir Pta-man se huurmoord
Die weduwee van ʼn senior WNNR-navorser van Pretoria is gevonnis nadat sy ʼn huurmoordenaar gekry het om haar man tydens ʼn oënskynlike “rooftog” te vermoor.
Video: Olifant red afrigter toe hy ‘verdrink’
Elephant News het verstommende beeldmateriaal op sosiale media gedeel van ʼn olifant wat in die water instorm om haar gunstelingafrigter te help, toe sy onder die indruk was dat hy besig is om te verdrink.
Wayde en Caster benoem vir gesogte titels
Die Suid-Afrikaanse atlete, Wayde van Niekerk en Caster Semenya, is albei deur die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) vir twee gesogte titels benoem.
GB: hoë Polisie-lof vir Valsbaai ná Loftus-sege
`n Mens kan jou hoed afhaal vir die Valsbaai-span, het Johann Kluyts, woordvoerder van Pretoria Polisie ná die Kaapse span se merkwaardige oorwinning oor die Bobbies Saterdag op Loftus Versfeld aan Pale Toe! gesê.
Ons kan maar deel
Blykbaar kan ’n mens ’n baksteen vir R5-00 op die swartmark verkwansel.
Peyper blaas in sy tweede eindstryd
Die ervare Wêreldbeker-skeidsregter Jaco Peyper sal Saterdag in Bloemfontein die man met die fluitjie in die Curriebekereindstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle wees.