Dit is die eerste keer wat die MRK betrokke is in menseregtewetgewing op ʼn internasionale forum.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Caster Semenya"
Caster skiet steeds tekort vir Spele
Caster Semenya het Saterdag in Duitsland weer probeer om te kwalifiseer vir die 5 000 m-wedloop by vanjaar se Olimpiese Spele.
Borgtog vir Semenya ná sy met gereg bots
Die Olimpiese atleet het Vrydag in die hof verskyn.
Caster wil stryd in Europese hof voortsit
“Ek is baie teleurgesteld in die hof se beslissing, maar ek sal nie toelaat dat Wêreldatletiek vir my voorskryf óf my keer om te wees wie ek is nie.”
Minister vaar uit na hof teen Caster beslis
Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, meen die geveg rondom Caster Semenya se deelname aan wêreldatletiek is nog lank nie verby nie.
Video: Caster klop Ronaldo in sy eie uitdaging
Cristiano Ronaldo, die sokker-superster van Portugal, het ’n maagspier-uitdaging aan ander atlete in die Nike Living Room Cup Challenge uitgereik.
Wayde is terug in aksie
Semenya en Simbine hardloop ook spogtye.
Semenya het ‘meer testosteroon as meeste mans’
“Dit gee haar sonder twyfel ʼn voordeel.”
Hof pootjie Caster se 800m-hoop
“Ek is baie teleurgesteld dat ek daarvan weerhou word om my hardverdiende titel te verdedig, maar dit sal my nie kniehalter in my stryd om te veg vir die menseregte van alle vroueatlete nie.”
Semenya se inskrywing geweier ondanks hofbeslissing
“Geen vrou moet aan die reëls onderwerp word nie. Ek sal egter nou hardloop om die IAAF te wys dat hulle ons nie kan bedwelm nie.”
Semenya: ‘Ek is ware atleet’
As Semenya se appèl teen die bepalings finaal misluk en sy nie meer toegelaat word om aan die 800 meter deel te neem nie, het sy daarop gesinspeel dat dit nie die einde van die wêreld vir haar sal wees nie.
Semenya-saak: ‘Biologie troef identiteit’
“Die IAAF is nogtans oortuig daar is sommige gevalle, waarvan sport een is, waar biologie identiteit moet troef.”
Semenya voorlopig terug op baan – sónder medikasie
Die hooggeregshof gaan nog ʼn beslissing maak oor die moontlike permanente opskort van die IAAF se regulasies, nadat die federasie voorleggings daaroor gedoen het.
Caster veg voort
“In die stryd vir geregtigheid, moet menseregte bo sportbelange gestel word.”
SA appelleer teen Semenya-bevinding
ASA het Maandag bevestig dat hy teen die bevinding gaan appelleer.
Dít moet jy weet oor IAAF se omstrede regulasies
Die IAAF glo dat atlete – soos Suid-Afrika se Caster Semenya – welkom is om aan die mansafdeling van die sport deel te neem as hulle nié bereid is om medikasie te gebruik om hulle testosteroonvlakke te verlaag nie. Die vereniging sê dit is enige atleet se reg om nié behandeling te ondergaan nie, maar dat sy dan nie toegelaat sal word om aan die beperkte items deel te neem nie.
Goud vir Caster
Die wedloop was Semenya se laaste voor die IAAF se regulasie Woensdag in werking sal tree.
Nuuskommentaar: By wie staan ons? Die Caster‑ en Steve-gevallestudies
Die een Suid-Afrikaner word deur sommige politici verguis, en die ander deur min of meer dieselfde politici omarm. Ongelukkig is daar soveel (onverwante) kwessies hier kort voor die algemene verkiesing aan die broei of het selfs begin ontplof, dat die vraag ontstaan of die betrokkenes se ras nie baie bydra oor hoe hulle tuis behandel word nie.
Sascoc: ‘Caster-uitspraak is massiewe keerpunt’
“Die vraag wat ons almal vra, is hoe gaan hierdie regulasies met gelykheid, onpartydigheid en regverdigheid in internasionale sport toegepas word.”
Só beslis hof oor Caster
Die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) het Woensdag uitspraak gelewer in Caster Semenya se saak teen die nuwe reëls van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) oor testosteroonvlakke in die liggaam.