Video: Caster klop Ronaldo in sy eie uitdaging

Caster Semenya. Argieffoto.

Met die Covid-19-pandemie wat tot gevolg het dat sportsterre van reg oor die wêreld die sportveld vir die sitkamer moes verruil, sorg sosiale media dat die mededingingsfaktor so sterk soos altyd is.

Cristiano Ronaldo, die sokker-superster van Portugal, het ’n maagspier-uitdaging aan ander atlete in die Nike Living Room Cup Challenge uitgereik.

In die uitdaging moet jy jou tone so veel keer as moontlik binne 45 sekondes raak terwyl jy plat op die naat van jou rug lê.

Cristiano Ronaldo hou nogal van maagspier-oefeninge. Foto: Facebook.

Die Juventus-speler kon 142 repetisies in die toegelate tyd doen, maar Semenya het stof in sy oë geskop deur haar tone ’n verstommende 176 keer te raak.

“Dankie Cristiano vir die uitdaging en jy het jou beste gedoen, maar ek kon 176 repetisies in die toegelate 45 sekondes doen. Nie te sleg vir ’n Sondag nie,” het sy op haar Instagram-rekening geskryf.

Sokkerspelers soos Bruno Fernandes en Diogo Dalot het ook Ronaldo se uitdaging aanvaar, maar hulle kon hul tone onderskeidelik net 117 en 105 keer raak.

Blaise Matuidi het 144 keer sy tone geraak, terwyl Portugal se Ruben Dias vir 150 repetisies gesorg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack ·

Ek wonder of ons hier appels met appels vergelyk. Wat word presiesbedoel met tone raak as jy plat op jou rug lê? Moet jou bene na elke aanraking terugsak en jou hakskene aan die grond raak om een siklus te voltooi? Of kan jy maak jou standaarde verlaag op die tipies Seffrikaanse manier en ‘n bietjie “kroek”? Hierdie berig is eintlik net sensasie.

Jean-Mari ·

Gaan kyk na die oorspronklike challenge, Sy het Ronaldo se alie dubbel en dwars geskop, dis nou maar so.

Anel ·

Enige een kan dit so doen. Ek sou sê jou bene moet terug grond toe sak en jou hakke moet eers grond raak voor jy weer jou bene lig. Dit soek net sensasie!

Jean-Mari ·

Ek het ook gewonder of sy dit reg gedoen het maar toe gaan kyk ek na sy oorspronklike “challenge”. Sy het dit regtig beter as hy gedoen aangesien hy nie een keer sy tone geraak het. Gee haar die krediet wat sy verdien, sy het waarlik vir hom ore aangesit.

Burgermeester ·

Ek het die ‘uitdaging’ ook probeer, maar my boepens raak my tone voor my vingers dit kan raak … tel dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.