MRK mag appèl aanteken oor Semenya-saak

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie mag appèl aanteken nadat die Switserse hooggeregshof verlede jaar beslis het dat Caster Semenya se 800 m-dae verby is totdat sy instem om medikasie te gebruik wat sal help om haar testosteroonvlakke te verlaag.

Die Europese menseregtehof het nou die MRK toestemming gegee om teen dié uitspraak appèl aan te teken.

“Ons verwelkom die besluit,” sê Gushwell Brooks, woordvoerder van die MRK. “Dit is die eerste keer wat die MRK betrokke is in menseregtewetgewing op ʼn internasionale forum en ook die eerste keer dat die Europese kommissie aansoek om verlof tot appèl goedkeur vir ʼn Afrika-menseregte-instansie.”

José María Odriozola, ’n Spaanse professor in biochemie en lid van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF), het vroeër onder meer gesê dat die Suid-Afrikaner meer testosteroon as die meeste mans het, en daarom ’n onregverdige voordeel het. Semenya het in Mei 2019 ʼn grensverskuiwende saak teen die IAAF voor die hof vir sportarbitrasie (CAS) verloor, wat beteken sy moet medikasie gebruik om haar testosteroonvlakke te verlaag as sy voortaan aan spesifieke items wil deelneem. Sy het op 18 Februarie vanjaar ʼn aansoek by die Europese kommissie ingedien waarin sy die regulasies van Wêreldatletiek daag.

Die MRK moet voor 12 Oktober 2021 sy appèl indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Casper ·

Dit is uiters arrogant van die MRK om die vermetelheid te hê om te appelleer.Gebruik die medikasie en neem deel.Met haar testosteroon vlak wat so hoog is het geen vrou in wêreld atletiek ‘n gelyke kans om teen haar mee te ding nie en sy weet dit.Sy kan en mag nie trots voel oor haar prestasies nie.Hoekom het sy nie gekwalifiseer vir die 5000 meter by die olimpiese spele nie.Hoekom is die MRK nie so inskiklik teenoor ander sake rakende “ons” mense nie.Dit is ‘n grap.

Jr ·

MRK kom ek sê vir julle nou. Stadig sodat julle dit kan verstaan – J. U. L. L. E G. A. A. N
V. E. R L. O. O. R. Dan kan julle appeleer by die Mars hoër geregs hof.

Chris ·

Na my mening dink ek al drink sy medikasie bly dit onregverdig dat sy deelneem. Ek het geweldig baie simpatie met haar maar steeds medikasie gaan nie haar spierkrag en beenmassa verminder. nie.

Androclus ·

Met haar testosteroon vlak wat so hoog is het geen vrou in wêreld atletiek ‘n gelyke kans om teen haar mee te ding nie.Sy gaan die land bankrot hardloop teen daardie tempo..

Hennie ·

Wens die Gaum bende wil konsentreer op belangrike sake. Caster kan nie deelneem teen vrouens nie, dit sal sport verwoes.

Hennie ·

En nou beweer Gaum dat dit agv van sy/haar kleur is. TWAK.

twaalfboor ·

Eks nie ñ Caster voorstaander nie, maar hierdie hele storie is ñ sirkus. My vraag is….. as ñ mans atleet se estrogeen vlakke te hoog is, mag hy teen mans atlede deelneem, of kan hy nou teen vroue gaan deelneem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.