Regering betaal #FeesMustFall-leier se studies

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Dinsdag weer in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Dlamini (30) is Sondag in Parktown in hegtenis geneem nadat die polisie op die Wits-koshuis, waar hy woon, toegeslaan het. Hy word aangekla van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Landdros Albertus Roux het die saak tot Woensdag uitgestel, wanneer hy uitspraak sal lewer in Dlamini se borgtogaansoek. Die staat het Dlamini se borgtogaansoek teengestaan en aangevoer hy is ʼn vlugrisiko. Volgens staatsaanklaer Steven Rubin kan Dlamini na Swaziland vlug, waar hy gebore is.

Volgens Rubin is die staat in besit van beeldmateriaal wat wys hoe Dlamini gevaarlike wapens, naamlik stokke en klippe, in sy besit het en ook ʼn foto wat glo wys hoe hy ʼn polisiebeampte aanrand.

Dlamini het egter aangedui dat hy nie sal vlug nie aangesien hy steeds ʼn student by Wits is en dat hy sy paspoort sal inhandig. Hy het verder ontken hy het ʼn polisiebeampte aangerand en sê hy was die slagoffer in die situasie.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het intussen Dinsdag bekend gemaak die provinsie betaal Dlamini se klasgeld. “Ons betaal vir Dlamini se meestersgraad in regte en nou is hy in die tronk. Ek is bang en vrees die ergste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

73 Kommentare

jongste oudste gewildste
pieter

ishhh.

Louis

Stop sy studie geld onmiddelik

Corrie

Ek is stomgeslaan! Hy is waarskynlik nie eens ‘n SA burger nie wat as gas hier bly en wie se studies deur die regering betasal word! Geen wonder hy is op 32 jaar steeds ‘n student nie……gratis onderwys, behuising en seker sakgeld ook. En wie betaal?….Die SA belastingbetalers van wie die meerderheid nie kan bekostig om hul eie kinders aan ‘n universiteit te laat studeer nie. Ploert……trek sy beurs terug en laat hy alle kostes terug betaal deur in die tronk se groentetuin te gaan werk.

Ekke

Gister is daar gese hy is 32 en vandag 30. Is maroela nie seker van hul feite nie?
Voorts wil ek net se, die regering betaal nie sy studies nie! Dit is ons wat belastings betaal, wat dit betaal en daarom is dit belangrik dat ons nou moet voet neer sit en aandring op #taxes must fall, tot die slapgattige regering reg en bykom…..
Hulle (die CancER) verkrag die grondwet so erg, en die wereld lag vir ons.

Nou het ek als gehoor....

Regtig. hy is 32 jaar oud… ek sou dink hy sou al volwasse kon optree en redeneer…. Hy is besig met n meestergraad wat vir hom betaal word … ek wonder nou net tot op watter vlak en hoeveel grade hulle gratis wil ontvang? Nou wonder ek as hy reeds GRATIS swot watter FEES moet NOU NOG vir hom FALL. As hierdie ons toekomstige regsgeleerdes is; het ek ernstig nie enige hoop oor nie…. Gaan terug Swaziland toe man; wat sal jy ons kinders so sleg kom beiinvloed en aanhits.