Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige leier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad, het Dinsdag gesê hy sal aanhou baklei vir gratis onderrig.
Alles vir Dinsdag 18 Oktober 2016
SAL verbied ook Samsung Galaxy Note 7
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het aangekondig dat passasiers nie Samsung Galaxy Note 7-slimfone op die lugredery se vliegtuie mag vat nie.
Bloem-pa brand glo op gesin los
ʼn 43-jarige man van Bloemfontein en sy 17-jarige dogter is in ʼn kritieke toestand na ʼn plaaslike hospitaal geneem ná ʼn skietvoorval by hul huis Maandagaand.
Hof hoor oor man wat baba teen muur slaan
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag die skokkende besonderhede van die verloop van gebeure gehoor toe ʼn man sy vriendin se sewe maande oue babadogtertjie teen ʼn muur doodgeslaan het.
Alles wat jy koop het ʼn versweë waarborg
Verbruikers weet gewoonlik dat alles wat hulle koop, ʼn waarborg het, maar is nie heeltemal seker oor wat hierdie waarborg behels nie. As jy egter nie weet wat die bepalings van die Wet op Verbruikersbeskerming oor versweë waarborge is nie, kan jy nie daarop staatmaak dat dit nagekom sal word nie.
Boek: Een nag en ‘n bietjie
Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie. Een gewone weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning tussen Middelburg en Groblersdal aangeval en beroof. En wonder bo wonder het hulle albei die nag oorleef…
‘Hy was nie bang om dood te gaan nie’
“Hy het in sy 29 jaar voluit gelewe en daar is iets ongelooflik mooi aan hoe my kind gelewe het.”
Nuwe sportnutsvoertuig in Honda se stal
Honda Suid-Afrika het nog ʼn aanspraakmaker in sy sportnutsreeks bygevoeg.
Paramedici by gewilde toeristeplek aangehou, beroof
Twee vroueparamedici van ER24 is Dinsdagoggend by ʼn gewilde toerisme-aantrekkingspunt naby die Howick-waterval in KwaZulu-Natal aangehou en beroof.
Is ons in die robot-eeu?
Sal dit nie ‘n wonderlike dag wees as robotte mense totaal as soldate vervang nie?
Video: Kaapse gesin: Ons kuier, drink en eet Afrikaans
“Sondagmaaltyd is vir ons van kleins af baie belangrik. Dit gaan nie net oor die kos en die koek en die tee nie, maar oor die samesyn.” ʼn Kaapse gesin gesels oor hul liefde vir ons moedertaal as deel van Afrikaans.com se projek, Hoe lyk jou Afrikaans?
Video: Kangogrotte gesluit ná aardskudding
Die Kangogrotte naby Oudtshoorn in die Wes-Kaap is as voorsorgmaatreël gesluit ná ʼn aardskudding Dinsdagoggend.
Video: Geliefdes oorsee? ‘Dit gaan verby hartseer’
Talle Suid-Afrikaners het geliefdes wat in die buiteland bly en wie se omstandighede dit nie moontlik maak om hulle gereeld te sien nie. Maroela Media het met vier vroue gesels wie se geliefdes oorsee bly, en na wie hulle baie verlang.
[Resep] Bar-One-blokkies
Ietsie lekkers vir die week wat voorlê. ʼn Mens kort soms ʼn bietjie ekstra energie …
Nuuskommentaar: Om jou te midde van guerrilla-politiek te handhaaf
Het die magstryd binne die ANC nou die vlak van guerrilla-politiek bereik waaraan ook opposisiepartye en nieregeringsorganisasies onbedoeld meedoen? Uit ’n nuwe artikel in die VSA oor Donald Trump se “guerrilla-politiek” kan afgelei word dat dit wat nou in Suid-Afrika gebeur, ook hieronder kan val.
Geldwa byna met mans daarin opgeblaas
ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn bende van 17 swaar gewapende mans wat Maandagaand ʼn geldwa buite Tzaneen in Limpopo opgeblaas en beroof het en toe op boere se voertuie losgebrand het.
Pukke fnuik onoorwonne Tuks in eindstryd
Netbal was Maandagaand die wenner, om ʼn cliché te gebruik, toe die Pukke die onoorwonne Tuks in die eindstryd van die Varsity-netbaltoernooi in die Rembrandtsaal in Pretoria met ʼn enkele doel, 56-55, geklop het.
Moet Allister vir Frans Steyn kies?
Frans Steyn is een van daardie geniale spelers in rugby, maar dan moet sy afrigter hom reg kan bestuur.
Dokter beroof glo vulstasie met speelgoedgeweer
ʼn Dokter van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vulstasie in Volksrust beroof en later die dag weer na die vulstasie teruggekeer het.
[Resensie] Blackie Swart – ‘Gemaak om te dans’
As jy ’n aanhanger is, kan jy dit gerus by jou CD-versameling voeg.