Foto’s: Sandton City bied speelgoedparadys vir jongspan dié Kersvakansie

‘n Kersboom van 10m hoog is met 400 beertjies versier. Dié beertjies word na die feesseisoen aan Operation Smile geskenk. (Foto: Verskaf)

Kersfees is beslis die wonderlikste tyd van die jaar, veral vir kinders, en daarom bied Sandton City vanjaar ʼn skouspelagtige speelgoedparadys in sy binnehof vir die kleinspan aan.

Die splinternuwe Toyland-opwipwinkel, wat dié Kersvakansie sowat 700 m2 van speelgoed-uitspattigheid bied, sal jou kleingoed betower met stalletjies van winkels soos Hamley’s, Build-a-Bear, Toy Kingdom, Lego en Checkers.

ʼn Asemrowende Kersboom van 10 m hoog, wat onder meer met sowat 400 teddiebeertjies versier is, sal ook aan besoekers die geleentheid bied om R50 te skenk aan Operation Smile. Dié niewinsgewende organisasie beywer hom om die lewensgehalte van kinders met haaslippe en gesplete verhemeltes te verbeter.

Ná die feestydperk sal die 400 beertjies en die geld wat ingesamel is aan dié organisasie geskenk word.

Daar word daagliks balletvertonings en akrobatiese vertonings deur The Cirk aangebied. The Cirk tree op van 9 tot 24 Desember om 12:00 en 16:00, en die balletdansers is van 16 tot 24 Desember om 14:00 en 18:00 te sien.

Kersvader is elke dag beskikbaar om foto’s te neem saam met klein en groot. Hier is die model Lee-Ann Liebenberg en haar kroos by Kersvader tydens die opening van Toyland. (Foto: Verskaf)

Kersvader is ook daagliks tussen 09:00 en 18:00 beskikbaar vir foto’s saam met die kleinspan, behalwe op 24 Desember wanneer hy slegs tussen 09:00 en 14:00 beskikbaar sal wees.

Sandton City bied meer as 300 winkels en sy verlengde handelsure is:

9–15 Desember               09:00 tot 20:00

15–23 Desember            09:00 tot 21:00

24 Desember                    09:00 tot 18:00

Geskenkbewyse vir Sandton City kan hier aangeskaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.