Goeie nuus: Skoolwerker maak jare later steeds harte warm

Roet. Foto: Facebook

Roet. Foto: Facebook

Herinneringe aan Roet bring steeds ʼn glimlag op die gesigte van alumni van die Hoërskool Carolina.

Roet, wat vir jare by die hoërskool gewerk het, is verstandelik gestremd. Fransie Krige vertel hoe mnr. Theron, wat destyds die skoolhoof was, vir Roet in sy sorg geneem het. “Hy is meneer Theron se huishulp se seun.”

Sy werk by die skool was om die verwarmers aan die gang te hou sodat die leerlinge warm klaskamers kon hê. “Hy het sy werk baie ernstig geneem, die kamer waar hy die verwarmers met steenkool gestook het, was altyd ontsettend netjies.” Roet het ook die skool se tuine versorg.

Krige onthou dat Roet altyd ʼn lang jas gedra het en wanneer die leerlinge hom geterg het en gesê het hulle gaan sy jas vat, het hy baie ontsteld geraak. Mnr. Theron het die kinders telkemale hieroor vermaan en gesê hulle moet ophou om vir Roet te terg.

Roet het sy lewe lank by die skool gewerk. Mnr. Theron het die geld wat Roet verdien het in ʼn trust geplaas sodat Roet gemaklik kan leef op sy oudag, aangesien Roet nie meer familie het wat vir hom kan sorg nie.

Hy bly vandag in ʼn ouetehuis in Carolina waar hy steeds harte warm maak. “Die mense in die ouetehuis is baie lief vir hom.”

Krige, wat op die ouetehuis se bestuur is, het gesê die bestuur is van mening dat Roet ʼn baie voorbeeldige mens is ten spyte van die agterstand wat hy het.

“Hoewel hy al blind is, weet hy presies waar om te loop in die ouetehuis, om buitentoe te gaan en weet ook presies waar sy kamer is.”

Roet is al in sy tagtigs, maar het steeds ʼn kinderlike speelsheid en ʼn jonkheid van gees. “Hy gaps gereeld die ander mense in die ouetehuis se toiletpapier.” Ander onthou hoe Roet altyd gedans het wanneer die skool se kadetorkes begin speel het. “ʼn Mens kan sê dat mnr. Theron vir Roet ʼn kans in die lewe gegee het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

anet ·

Roet, jy is nog van die ou-skool garde, wat trots en ordentlik is. Ek is baie bly dat Mnr Theron gesorg het dat jy ook ‘n plekkie in die son het. Ek wens vir Roet ‘n heerlike aftrede toe.

Danie ·

Baie goeie storie uit ons ou dae. Ou Roet was net ‘n unieke persoon. Ons kan ook net dankie se vir Roet se boilers – dit het ons ‘n rookplekkie gegee waar daar mos maar altyd rook sou wees :)

Groete aan almal.

Tommy ·

Maak mens se hart sommer warm! Wens die wat so klippe gooi oor ras wil hierdie storie lees en besef dat daar wel goeie blank en nie-blankes bestaan. Mag jy nog baie mense gelukkig maak in jou aftrede Roet – ek is seker jou & mnr Theron se plekkies is bespreek in die hemel.

Gert ·

Dankie Maroela dat julle ou Roet se storie vertel het. Een ding was destyds baie seker. As iemand vir Roet gespot het oor sy agterstand en die kind is deur ‘n prefek of onnie gevang, dan was sy ses van die bestes geboek. Roet was werklik spesiaal en niemand sal hom ooit vergeet nie.

Fransie Krige ·

Baie dankie Maroelamedia vir julle stukkie goud uit die skatkis. Vir baie sal Roet meskien geen waarde he nie maar vir honderde oud skoolliere is hy van onskatbare waarde gewees. Vir ons was hy meskien net Roet as kinders maar ons kan nie van ons skooljare praat sonder om hom nie in te sluit nie. Dankie dat ek ietsie baie klein van hom kon se maar alle eer kom Mnr Theron en Carolina Se Eie Ouetehuis se eer toe wat hom indirek versorg op sy oudag. Mnr Theron is nie meer met ons nie maar ek dank hom en Sonja Bensch en haar personeel vir wat hulle doen vir Roet. As enige van die oud leerling nog ietsie moois van Roet met ons wil deel asb voel vry om dit te doen xxx

Landie ·

So mooi storie op ‘n koue wintersdag. Dankie mnr Theron dat jy vir Roet voorsiening gemaak het vir sy oudag. Nie baie mense kyk en sien so ver vooruit nie. Mag Roet sommer baie gelukkig in sy tuiste wees!!!

Celia ·

Wat n wonderlike storie maak mens sommer trots on mens te wees. Mnr Theron was n wonderlike mens sulke stories hoor mens gans te min dit is altyd die rasistiese gemors wat jou sommer vuil laat voel. Baie dankie Maroela Media mag ons nog baie meer sulke uitstekende berigte lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.