Kersgeskenke vir die man wat alles het

Argieffoto (Foto: RedMaiden/Pixabay)

Dit is soms baie moeilik om vir die man in jou lewe ʼn goeie geskenk te koop. Hy het óf reeds alles wat in die winkels is, óf daar is nie enigiets wat hy graag wil hê nie.

Ons weet dat inkopies vir ʼn man gewoonlik ʼn bietjie meer moeite verg, maar moenie weer dieselfde ou sokkies-en-daskombinasie koop nie. By die Koöperasie kan jy iets uniek en prakties kry, wat hy verseker sal gebruik!

Maak sy Kersfees ekstra spesiaal met een van hierdie lekker geskenke.

Beursie van egte leer

Beursie van egte leer in Die Koöperasie

Bederf die man in jou lewe met dié pragtige leerbeursie vir Kersfees. Dis boonop die ideale geskenk vir die persoon wat al alles het! Daar is plek vir minstens ses kaarte (met ses bykomende gleufsakkies). Daar is ook ʼn toerits-kleingeldsakkie en twee vakkies vir papiergeld.

Klik hier om jou beursie in Die Koöperasie te koop.

Blikkantien-koffiestel

Blikkantien-koffiestel in Die Koöperasie

Elke man het ʼn behoorlike koppie koffie nodig as hy wakker word, kamp, op die strand sit of selfs wanneer hy vir sy gesin braai.

Hierdie Blikkantien is fênsie genoeg om voor te sit vir gaste of sommer rondom ʼn kampvuur te geniet. Dit kan op jou ou koolstoof gebruik word of sommer net om jou koffie by die huis oor te skink in iets mooi.

Klik hier om jou Blikkantien-koffiestel in Die Koöperasie te koop.

Maroela-plaasvellies

Velskoene in Die Koöperasie

Maroela het ʼn splinternuwe reeks plaasvelskoene.

Die reeks is spesiaal ontwerp om net so sterk te wees as wat dit mooi genoeg is om elke dag te dra. Jy kan optof vir ʼn troue of jou gemaklikste kakiebroek aantrek vir kleiduifskiet by die kerk se basaar – ʼn goeie paar vellies laat jou nooit in die steek nie.

Maroela-plaasvellies vir mans se sole word gemaak van herwinde motorbande wat sal verseker dat jy nooit jou sole sal deurloop nie.

Klik hier om jou Maroela-vellies in Die Koöperasie te koop.

ONSKAROO-boek

ONSKAROO in Die Koöperasie

Die bekroonde spanningskrywer Deon Meyer en musiekgenie Coenie de Villiers se jongste boek, Ons Karoo, is nou beskikbaar op die Koöperasie.

Ons Karoo word spesiaal verpak in ʼn eksklusiewe toedraaipapier. Jy kan hierdie spesiale aanbod slegs op die Koöperasie kry.

Klik hier om jou ONSKaroo-boek in Die Koöperasie te koop.

ONSKaroo-voorskoot

ONSKaroo-voorskoot in Die Koöperasie

Enige bobaaskok of bobaasbraaier wat sy sout werd is, sal graag met dié mooie voorskoot met die Karoo-sterrehemel op wil spog.

Braai en kook na hartelus met hierdie spat-bestande voorskoot. Dit het verstelbare nek- en lyfhalters en ʼn buidelsak vir jou braaitang en aansteker.

Klik hier om jou ONSKaroo-voorskoot in Die Koöperasie te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.