Laat jou skryfvernuf ʼn verskil maak in jou gemeenskap

 nick-morrison-rekenaar_skryf-unsplash.jpg


Foto: nick-morrison/unsplash.com

Wou jy nog altyd ʼn verskil in jou plaaslike gemeenskap maak?

Wil jy stories vertel wat vir jou dorp, skool of gemeente belangrik is?

Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap?

Kom leer dan hoe met ons splinternuwe Skryf vir Gemeenskapsmedia-kursus.

Ons maak jou touwys om vir jou gemeenskapskoerant, skoolkoerant, gemeente se nuusbrief of jou plaaslike radiostasie te skryf oor die dinge wat vir jou gemeenskap saak maak.

Die kursus fokus op die basiese kennis en vaardighede van joernalistieke skryfwerk, soos:

  • Waar kry ek ʼn goeie storie?
  • Hoe gebruik ek bronne?
  • Hoe voer ek ʼn onderhoud?
  • Watter inligting moet in my storie wees?
  • Wat is die struktuur van ʼn goeie nuusstorie?
  • Hoe kan ek ʼn storie met foto’s vertel?
  • Hoe kan ek ʼn storie met klank vertel?
  • Hoe kan ek op ʼn etiese wyse vir gemeenskapsmedia skryf?
 soundtrap-klankopname_rekenaar_mikrofoon.jpg

Foto: soundtrap/unsplash.com

Die kursus is ontwikkel deur Maroela Media se gesoute joernaliste en word aangebied deur Landi Slatter, ʼn vryskutjoernalis en dosent by Akademia wat voorheen vir Maroela Media en Rapport geskryf het.

Dié toeganklike 10-weke-kursus is gemik op beginners én diegene wat reeds by gemeenskapsmedia, gemeentenuusbriewe, skoolkoerante of plaaslike radiostasies betrokke is.

Skryf nou in – en maak ʼn verskil in jou dorp of streek.

Skryf vir Gemeenskapsmedia skop amptelik op 15 Mei 2023 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af en eindig op 24 Julie 2023.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ʼn e-pos met verdere inligting deurgegee word om toegang te kry tot die leerplatform.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 12 Mei 2023. Koste beloop R4 000 per persoon.

Besoek ook Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.