Luister: Spogtee beklink én bemagtig KANSA

Een van die vele spoggerige tafels by 2022 se spogtee. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Die publiek gaan weer binnekort die geleentheid kry om ʼn elegante oggend te geniet en terselfdertyd ʼn bydrae te lewer om die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se werk met kankerpasiënte te help voortsit.

KANSA se jaarlikse spogtee vind vanjaar op 25 Oktober by die Heartfelt-arena in Pretoria plaas, en poog om bewusmaking te kweek en geld in te samel vir slagoffers en hul geliefdes wat deur kanker geraak word.

Anita Snyders, KANSA se nasionale volhoubaarheidsbestuurder, het in die Maroela Media-ateljee gekuier om meer oor hierdie opwindende en gesogte geldinsamelingsgeleentheid te gesels.

“KANSA is daar uit-en-uit om ʼn verskil in die gemeenskap te maak deur navorsing, opvoeding en ondersteuning. Sonder geleenthede soos hierdie sal dit nie vir ons moontlik wees om hierdie belangrike werk te doen nie.”

Gasvroue van die KANSA-spogtee het jaarliks die kans om hulle eie stempel op die geleentheid af te druk deur hul tafels te versier en dek.

Onafhanklike beoordelaars word ingeroep om wenners aan te wys, wat jaarliks met ʼn verskeidenheid van pryse huis toe gaan.

Volgens Anita is daar ʼn paar nuwe toevoegings tot vanjaar se geleentheid, insluitende die verskillende kategorieë waarvoor gasvroue (of gashere) kan inskryf.

Anita Snyders, KANSA se nasionale volhoubaarheidsbestuurder. (Foto: Maroela Media)

“Die beoordelaars het na die kategorieë gekyk om ons gaste vanjaar bietjie op ʼn ander manier uit te daag.”

Sy gesels ook meer oor die vermaak waarna spogtee-gaste kan uitsien, asook waarom daar op vanjaar se tema, “Denim en Diamante”, besluit is.

  • Luister na die volledige onderhoud boaan die berig.
  • Kontak vir Anita Snyders van KANSA by 012 329 3036 of 083 633 5798 om meer inligting of om vir vanjaar se tee te registreer. Jy kan ook ʼn e-pos stuur na [email protected].

Kyk na Maroela Media se video oor verlede jaar se spogtee hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.