Dit het haar meer as 20 sekondes geneem om die 100 meter af te lê.
Lees meerAlles vir Donderdag 3 Augustus 2023
Chevonne-saak: Mishandeling van kleuter ontken, toe erken
Getuies het mekaar in die hof weerspreek oor wat hulle oor die beweerde verwaarlosing van Chevonne Rusch kan onthou, terwyl nog ʼn getuie daarop gewys het dat die kleuter se ma enige soort mishandeling ontken het, tot en met die oomblik van Chevonne se afsterwe.
Uitgebrande vragskip kom by Nederlandse hawe aan
ʼn Moontlike omgewingsramp is vermy.
Man met renosterhoring betrap
“ʼn Geel plastieksak is onder die bestuurder se sitplek opgemerk. Dit het ʼn renosterhoring, wat 1,6 kg geweeg het, bevat.”
Verkeerdevlei: Polisie se motiewe bevraagteken
“Die manier waarop hierdie boere in hegtenis geneem is, is baie verdag. Waarom sulke oorweldigende geweld gebruik om twee vroue vas te trek?”
Verdere oorwinning vir staatsaanklaer, joernalis teen Zuma
Zuma wou die twee privaat laat vervolg omdat hy meen dat adv. Billy Downer vertroulike inligting oor sy mediese toestand aan joernalis Karyn Maughan uitgelek het.
Metropolisielid, twee ander vas wat trok glo wou steel
“Die lede van die blitspatrollie het die motor genader om ondersoek in te stel. Dit is toe dat ’n manspersoon geklee in ’n Tshwane-metropolisie-uniform, gewapen met ’n vuurwapen, uit die voertuig klim.”
ToekomsVenster: Bid daaroor
Die teks wat vandag aangehaal word, is mooi en besonders. Wie beter om ʼn mens in jou besluitneming te adviseer as juis die Here. Hier belowe Hy dit.
Fourie: ʼn Speler vir ʼn krisissituasie
Wanneer jou span met sy rug teen die muur staan, wil jy iemand soos Deon Fourie in jou hoek hê. Dit is nie eens altemit nie.
Video: Onderwaterrit met ʼn Toyota Land Cruiser
ʼn Groep Australiërs vier fees ná hulle die bodem van ʼn hawe, vol krokodille, met ʼn Toyota Land Cruiser oorgesteek het.
William Gumede voorsitter van veelparty-konvensie
“Gegewe professor Gumede se beduidende bydraes tot Suid-Afrika en verskeie demokrasieë reg oor die wêreld, is dit duidelik dat daar geen persoon is wat beter geposisioneer is om ons veelparty-proses te lei nie.”
Tshwane weer na arbeidshof oor stakende werkers
Die Stad Tshwane het intussen 41 briewe van moontlike skorsing aan stakende munisipale werkers gestuur nadat dié versuim het om gehoor te gee aan die tussentydse interdik wat die metro bekom het.
Luister: Spogtee beklink én bemagtig KANSA
“Sonder geleenthede soos hierdie sal dit nie vir ons moontlik wees om hierdie belangrike werk te doen nie.”
Wateraanwysing met meganiese toerusting
Die groep bied ʼn omvattende diens vir watervolhoubaarheid, met die fokus op aanwysing van water asook die boor van watergate.
Holistiese hernubare kragopwekking
[promosie] Bigfisch Projects se waarde-aanbod ontsluit koste-mededingende pryse van holistiese hernubare kragopwekking en dinamiese energiebergingstelsels.
Afrikaanse skolenetwerk is baanbrekers in toekomsgerigte onderrig
“Ons het onsself begin vra waarom die skolesisteem steeds lyk soos 50 jaar gelede terwyl bykans alle ander bedrywe totaal hervorm is.”
Luister: ‘Wiele2Wiele’ geniet Toyota se GR Corolla én GR Supra
In vandeesweek se episode kan die Wiele2Wiele-span nie uitgepraat raak oor Toyota se nuwe GR Corolla en GR Supra nie.
Jamaika lyk na kampioenspan teen Silwer Varings
Jhaniele Fowler en haar spanmaats het ʼn uitspeelstryd-reddingsboei in Suid-Afrika se rigting gegooi toe hulle Nieu-Seeland met 59–48 geklop het.
Fliekresensie: Verwronge ‘Amerikaanse droom’ kraak oop in trefferfliek
Moenie dat dié 10/10-gradering jou na jou motorsleutels laat gryp nie.
Verdagte vas ná moord op LEAP-beampte
Speurders het ondersoek ingestel, ʼn uitkenning van die verdagte gedoen en bevestig dat die man deur medebendelede in die Grassy Park-polisiëringsgebied gehuisves word.