Video: Onderwaterrit met ʼn Toyota Land Cruiser

(Foto via Luke Gosling MP/Facebook)

ʼn Groep Australiërs vier fees ná hulle die bodem van ʼn hawe, vol krokodille, met ʼn Toyota Land Cruiser oorgesteek het.

ʼn Span van ingenieurs en duikers het ʼn 1978 Toyota Land Cruiser omskep en die dieselenjin met ʼn elektriese motor vervang. Dié motor is waterbestand gemaak vir die 12,5 uur lange reis, het projekleier Tom Lawrence gesê.

Sowat 30 duikers het beurte gemaak om op die bodem van die hawe te ry, met tye so diep as 30 meter oor die roete van agt kilometer. Die voertuig is die “Mudcrab” gedoop, het Lawrence aan AFP gesê.

“Daar is berugte groot krokodille en tierhaaie in Darwinhawe, maar daar is ook kwalle (jellievisse),” het hy gesê toe hy sommige van die gevare beskryf het wat die span Saterdagaand tydens die poging trotseer het.

“Dit was altyd ʼn risiko, maar niemand was spesifiek daaroor besorg nie. ʼn Reusagtige, oranje Land Cruiser onderwater is waarskynlik nie iets wat wilde diere sal wil nader nie.”

Dit was die eerste suksesvolle poging om Darwinhawe onderwater oor te steek ná ʼn onsuksesvolle poging in 1983. ʼn Ou dieselenjin en yslike snorkels het in daardie stadium net halfpad gevorder, verduidelik Lawrence.

(Foto: Talia Purdy via Cult Cars/Facebook)

Waarom die poging aanpak?

“Ons het onsself herhaaldelik dié vraag gevra, veral vir die laaste drie maande wat dit geneem het om die enjin te herbou,” het Lawrence bygevoeg.

Uiteindelik, sê hy, beplan die span om ʼn dokumentêre fliek te maak oor Land Cruisers en motorkultuur in Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.