Video: Somalië-atletiek maak opslae oor stadigste atleet

Skermgreep uit die video

Somalië se minister van sport het die hoof van atletiek van dié land beskuldig dat hy die land “se eer aangetas het” ná ʼn video met ʼn oënskynlik amateur atleet wyd op sosiale media versprei het.

Mohamed Barre Mohamud het Woensdag gesê ʼn vrou wat vir Somalië aan die 100 meter-item by die Wêrelduniversiteit Spele in China deelgeneem het, “is nie ʼn sportvrou of ʼn hardloper nie”.

Daar bestaan ook nie enige “Somaliese Universiteitsport-vereniging” nie, het die minister in ʼn brief gesê aan die land se Olimpiese komitee.

Die vrou, wat deur die ministerie as Nasro Abukar Ali uitgeken is, het meer as 10 sekondes ná die wenner oor die wenstreep gedraf. Somaliërs het spottenderwys en met woede op sosiale media gereageer.

Mohamud het gesê die voorsitter van die Somaliese Atletiekfederasie het “haarself skuldig gemaak aan magsmisbruik, nepotisme en die land se eer aangetas in die internasionale arena” deur Ali te stuur om deel te neem.

Die ministerie van jeug en sport het gesê hy is van voornemens om regstappe te neem teen die voorsitter, Khadijo Aden Dahir en diegene wat verantwoordelik is vir die “vervalsing van die Somaliese Universiteitsport-vereniging”.

Die minister het aanbeveel dat die Olimpiese komitee Dahir skors en ʼn dringende vergadering belê om die volgende stappe te bepaal.

Somalië, geleë aan die kus van Oos-Afrika, die Horing van Afrika, voer ʼn stryd teen ʼn gewelddadige militante insurgensie en ʼn rekorddroogte. Die land het die laaste plek gehaal uit 180 lande op Transparency International se korrupsieindeks vir 2022.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Martie Smartie ·

Dis baie snaaks he he. Die minister moet tog ‘n sin vir humor kry …

Pieter ·

As dit hulle beste is, dan is dit dan maar so… Duidelik is daar so bietjie van ‘n probleem in Afrika oor die algemeen…

E-lad nanna ·

Dis simbolies van Afrika leiers. Jy dink jy is “on-par” tot jy teen ander leiers gemeet word.

Dis nie snaaks nie maar wel lagwekend!

Fran ·

Klink soos die ANC. Stel maatjies en familie aan in alle fasette van samelewing. Wen is onbelangrik. Stel agtergeblewenes aan as kapteine.

Oros Soros ·

“Eric the Eel” het ‘n maaitjie. Hierdie een hou egter van droë grond.

JohanR ·

Gelukkig het NDZ nie gehardloop. Sy sou eers die volgende maand die eind streep oor gesteek het!

Lizl ·

Hoeveel sou hulle die arme girl aangebied het?? Kyk, ek soek n hele paar nulle by voordat ek my naam so met n plank slaan….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.