Man met renosterhoring betrap

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Hlulani Baloyi (47) het Donderdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhoring en oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur: Biodiversiteit.

Die saak is tot 11 Augustus uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.

“Lede van Benoni se honde-eenheid het ʼn verdagte Toyota Etios opgemerk tydens roetine-patrollie op die R21-snelweg naby Atlasweg,” sê Thatohatsi Mavimbela, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

“Hulle het die voertuig, met een insittende, voorgekeer en dit deursoek. ʼn Geel plastieksak is onder die bestuurder se sitplek opgemerk. Dit het ʼn renosterhoring, wat 1,6 kg geweeg het, bevat.”

Die waarde van die renosterhoring beloop ongeveer R170 000.

Die bestuurder kon nie verduidelik hoekom hy in besit is van die renosterhoring nie.

“Baloyi is dadelik in hegtenis geneem en die motor en horing is gekonfiskeer vir verdere ondersoek. Die saak is na die Valke se eenheid in Germiston, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, oorgeplaas.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kirst ·

Dis gaaf om te weet daar is nog polisielede wat hulle werk doen. Dink net hoe anders kon SA nou gewees het as die Skerpioene nog bestaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.