William Gumede voorsitter van veelparty-konvensie

Prof. William Gumede (Foto: Twitter)

Prof. William Gumede is Donderdag aangewys as onafhanklike voorsitter van sewe politieke partye se komende nasionale konvensie waartydens die moontlikheid van ʼn pakt-regering bespreek sal word.

Die DA, IVP, VF Plus, ActionSA, UIM en SNP het Gumede, medeprofessor by die Skool vir Bestuur by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en stigter van die Democracy Works Foundation, se aanwysing in ʼn gesamentlike verklaring verwelkom.

“Gegewe professor Gumede se beduidende bydraes tot Suid-Afrika en verskeie demokrasieë reg oor die wêreld, is dit duidelik dat daar geen persoon is wat beter geposisioneer is om ons veelparty-proses te lei nie.”

Vir die pakt-gesprekvoering sal Gumede saam met ’n spesialisspan van tegniese adviseurs werk. Hulle sluit in Nerine Kahn, voormalige uitvoerende hoof van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), prof. Uwe Jun, direkteur van die Trier Instituut vir Demokrasie en Party-navorsing (TIDuP) in Duitsland, en Zamayirha Peter, joernalistiek- en kommunikasiespesialis.

Gumede het egter reeds sy werk as voorsitter begin deur weeklikse vergaderings tussen betrokke politieke partye te lei met die oog op die sluiting van ’n veelparty-ooreenkoms tydens die konvensie wat op 16 en 17 Augustus by Emperors Palace gaan plaasvind.

Die basis van hierdie samewerkingsooreenkoms is om die “die grootste uitdagings wat ons land in die gesig staar die hoof te bied” ten einde “miljoene Suid-Afrikaanse burgers wat hoop verloor het, te inspireer”.

Die veelparty-groepering beoog om tydens die beraad en deur latere samewerking “ʼn dwingende alternatiewe visie en rigting” vir Suid-Afrikaanse politiek te bied.

“Die ooreenkoms moet die grondslag lê vir ʼn nuwe veelpartyregering in 2024 wat met die werk kan begin om ons land weer vorentoe te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Sal hy kan versoen met die VF Plus se beleide? Toegegee, ek weet nie waarvoor die VF Plus staan nie.

Manie ·

Onthou my opmerking van vandag. President Ramaphosa en Adjunk-President Malema is reeds gekies.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie betaal hierdie mense se uitgawes? VSA regering en NAVO?

Jana ·

Ek sal met liefde help met hulle uitgawes as hierdie plan kan werk!!

Hendrik ·

Hierdie atyd deur negatiwiteit grens aan veragtelik. n Verandering in hd land en sy toekoms is meer as uiters noodsaaklik. Kom ons maak dit eerder n gebedsaak.
As jy neatiwe kommentaar lewer se dan vir ons wat stel jy voor!!!

Charles ·

Ek stel voor om op te hou dink politieke partye is in beheer en dat ons voorstelle saak maak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis oor die hele wêreld so. Die illusie word geskep kiesers is in beheer. Maar dis net om kiesers kalm te hou en in ‘n ry te laat sit en koppe knik.

Frank ·

Veragtelik is dalk sterk woord maar ja, dit maak mens naar voel om sommige mense se feitlik permanente negatiewe kommentaar te lees

Sê maar net ·

Ek dink dis ‘n tree in die regte rigting! Kom ons hoop en vertrou…

Stephen ·

Almal kla altyd dat niemand iets doen nie, dan kry jy nog mense wat net negatiewe kommentaar lewer. Gee die groep tog n kans!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.