Verdagte vas ná moord op LEAP-beampte

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

ʼn 40-jarige verdagte (en vermeende bendelid) is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Toufeeq Williams (37), ʼn lid van die Wes-Kaapse regering se program vir die bevordering van wetstoepassing, beter bekend as LEAP.

Maroela Media het vroeër berig Williams is Sondagmiddag noodlottig deur ʼn dwaalkoeël gewond terwyl hy saam met sy dogter in Beacon Valley, Mitchells Plain, gestap het.

Die kantoor van die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris sê iemand is sedertdien in hegtenis geneem danksy die polisie in Grassy Park se waaksaamheid en vinnige reaksie.

Speurders het ondersoek ingestel, ʼn uitkenning van die verdagte gedoen en bevestig dat die man deur medebendelede in die Grassy Park-polisiëringsgebied gehuisves word.

Die verdagte sal in die landdroshof in Mitchells Plain verskyn sodra hy formeel aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

57 Chevy ·

Want die boere is nie meer in beheer van die polisie nie …..dis hoekom daar so lekker party in die land is . En ons is defnitief nie genooi nie .

Chris ·

Hul werk nie vir SAPD nie. Net sulke moorde word nagespoor. Hul beskerm net hul eie mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.